Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Dankie Pa…

Deur Paula Paxton
Datum gepubliseer: 9 Oktober 2019 Aantal woorde: 95 70 Kere gelees 1

Sweef nou in jou vryval,
my asem so lank gestil,
In inkvet swart gedruk,
vasgevang tot ewigheid.

Skreeu ek die woorde,
wat ego vas wou pen!
In die dig van my woorde,
vloei my bloeiende stem.

Jou opvoed was streng,
jou woorde was kras.
Soms het jy my siel
met jou donker stem verniel…

Onkunde was my kos,
onverstaanbaar vir my, jou doel.
Maar in hede het begrip gegroei,
in wysheid van tye oud.

Ek wil dit uitroep!
Ek wil dit vaslê!
Dankie Pa…(nou reeds te laat)
Jou opvoeding het vrug gedra.
PAULA PAXTON©




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 75
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 97 gaste aanlyn

Bydrae Totale