Jongste aktiwiteit:

. . . dan kom ek weer

ek kom weer as dit lente in jou Kaap is
op ‘n dag wat dit eindelik ophou reën
en ‘n koor van duisende oggendvoëls
met ‘n môrelied
jou nuwe dag sal seën

ek kom weer as jou Namakwaland aan’t blom is
jou soetgras wuiwend oor Vrystaat velde baan
fonteine borrel uit jou aarde se barheid
en hemelblomme
langs jou oorloop damme staan

wanneer Karoobos ‘n bietjie minder vaal is
en jou Tankwa haar kleure skouspel kry
die wagter sy skape bymekaar maak
en hul weer
na groener weivelde toe lei

ek kom t’rug as jou berge weer geboorte gee
aan watervalle en riviere vol in vloei
as jou woestyne veel minder droog en dor is
en Aronskelke
langs al jou strome bloei

*

ek kom weer as jou brande nie so woed nie
jou vure blus en jou vlamme ophou skroei
as die hitte van jou stryd nie meer verwoes nie
en jy verstaan
hoe sag ‘n hart moet gloei

. . . dan kom ek weer

© C. Shaw
September 2015




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed