Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: dame van die najaar

Deur Francois Meyer
Datum gepubliseer: 1 Junie 2019 Aantal woorde: 69 198 Kere gelees 2

sy benader my met koue treë
haar asem is ‘n ysige bries
wat sy soggens saggies gee

sy dra ‘n klimoprok
(een wat wynrooi bloei)
en in haar spore lê die lewe
se lower uitgeroei

haar kroon is ‘n kouefront;
haar staf ‘n yspilaar
en haar oë bly in hipnose
na die Adamsgewaad
van eikebome staar

sy is ‘n raaisel; ‘n foto sonder raam
en Winter is haar naam




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    3 Junie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 39
Kommentaar telling: 36

Francois is op 21 Januarie 1994 in Bloemfontein gebore. Hy was ‘n leerling aan die Hoërskool Fichardtpark en sy digkuns is reeds op skool geprys. Hy debuteer met Tempora Animus op 19-jarige ouderdom in 2013. Vandaar het hy Onder die Dekmantel(2015), Digtershart (2016) en Pendulum (2017) as digbundels vrygestel. Francois is ‘n kampvegter vir lupus en sy prosaboek, Die wêreld deur haar oë, was vir twee weke die topverkoper op Kobo Books in vyf kategorieë. Hierdie publikasie is ook in Engels vrygestel. In 2017 word hy as Ink Skryf in Afrikaans se rubriekskrywer van die jaar aangewys en verwerf ook ‘n tweede plek in die kategorie Digter van die Jaar. In 2018 ontvang hy ‘n Radio Rosestad Roostoekenning vir sy bydrae tot die Afrikanerkultuur.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 96 gaste aanlyn

Bydrae Totale