Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Dagbreek oor die Brandberg

Deur Estelle
Datum gepubliseer: 30 Oktober 2017 Aantal woorde: 68 456 Kere gelees 10

oor diep geplooide pers ravyne breek ‘n nuwe dag
die berg vat vlam in roes en rooi, ‘n skone simfonie
die oggend breek oop soos ‘n volryp vrug – ‘n fees, ‘n harmonie
die berg ontwaak in goue glorie ná die donker nag

hy kaats vir jou die oggendson in die kleur van ryp granaat
en oor sy kruin van rooi graniet loop snags ‘n melkwegstraat

Estelle Rubow 30/10/2017




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Anze

    1 November 2017

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2017 – Fees projek

  2. Koekekranka

    10 November 2017

    ‘N Pragtige natuurbeskrywing as afdruk van sielvolle waarneming. Welgedaan!

  3. Estelle

    10 November 2017

    Baie dankie, ek waardeer!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 113
Kommentaar telling: 70

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 10 gaste aanlyn

Bydrae Totale