Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Daar waar vrede lê

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 19 November 2019 Aantal woorde: 59 53 Kere gelees 1

my hart verlang
na die sonbesie-hitte
wat lui luimer
oor karoobos en klippe

na die ding-dong
van ‘n voorloopskaap
wat smag na weiding
net die beste wil opraap

my hart verlang
na wye, oop vlaktes
waar stilte en vrede
salfsmeer aan nerfskuur-gedagtes

waar gesigseinder
ver oor rante strek
my hart se teer verlange
na sielsvrede kan rek
©Driekie Grobler




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 32
Kommentaar telling: 128

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 84 gaste aanlyn

Bydrae Totale