Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Daar staan geskryf

Deur Stephan
Datum gepubliseer: 29 Oktober 2018 Aantal woorde: 74 60 Kere gelees Hou van

Daar staan geskryf

“Daar staan geskryf… ”
so het Jesus die duiwel aangevat
met ʼn antwoord uit God se Woord gevat
daarmee het Hy Satan weggedryf.

ʼn Swaard in die mond van God se kind
om die Bose mee te verslaan
jou ongeloof mee hok te slaan
en vrede by Hom te vind.

ʼn Lig wat die donker verdryf
sodat jy in vrede kan leef
in liggaam, siel en gees
as jy weet: “Daar staan geskryf… “

©Stephan Uys 2018




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 81
    Kommentaar telling: 5

    Ek is 'n skrywer, digter, publieke spreker, prediker. Ek is gek oor woorde. Ek is lief vir mense. As ek die twee bymekaar kan bring is ek in die wolke!

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 27 gaste aanlyn

    Bydrae Totale