Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Christene sonder pyn

Deur Wilfred Funchal
Datum gepubliseer: 28 April 2019 Aantal woorde: 486 200 Kere gelees 3

Dagstukkie:
Lees gedeelte: Matteus 16:24
Christene sonder pyn.
Ek staan in verbasing as ek hoor en sien hoe christene eis dat hulle ‘n sorgvrye en pynlose lewe moet hê weens die feit dat hulle christene is of so-genaamd.
Wanneer jy vir hulle sê dat jy siek voel of ‘n finansieële krisis het, wat ook al, dan eis hulle basies van God om jou gesond te maak of om jou finasieël te help ens.
Ek lees in Matteus 16:24 dat Jesus sê, “As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg” As my kruis vandag kanker is of absolute eensaamheid of pyn of finansieële nood, wat ook al, wie gee christene of mense of die mens, die reg reg om God voor te sê en te eis dat God dit nou moet herstel omdat die mens so dink……….
Besef mense of christene nie dan dat hierdie God wat hulle dink hulle kan beveel, so groot en magtig is nie. My God is groot, magtig en almagtig. Die Woord leer my dat elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Christus die Here is, die verlosser, die Seun van God, my verlosser.
Net deur genade en absoluut genade alleen is ek gered en is ek waardig om ‘n kind van God genoem te kan word en as ek my kruis vandag opneem en Hom volg, weet ek voorwaar dat die pad nie gelyk is nie, vir die enkele rede dat ek nie volmaak is nie. Daarom moet ek daagliks weer en weer my kruis opneem en weet dat deur hierdie groot genade sal ek eendag saam met Hom in die paradys wees, in die hemel die plek wat Hy vir my voorberei het, dan sal daar nie meer pyn en lyding wees nie, dan sal ek volmaak wees soos wat God my in Sy beeld geskape het.
Tot dan liewe vriende, mense, glo ek nie, het ek of enige een die reg om God te beveel (voor te sê) om iets te doen nie, of te eis dat God iets moet doen nie, ons mag vra en smeek en die antwoord kan nee wees en net God weet hoekom en waarom elke ding gebeur soos dit moet. Ek wil vandag pleit dat ek in genade eerder sal volg as om groot en magtig te speel……….
Gebed:
Onse Groot en hemelse Vader, my gebed in die dag, help my deur U Gees, om te vra van U, wat U ware wil vir my in die die lewe is en te volg soos U wil, en te aanvaar dat ek net uit gende aan U behoort en dit uitstraal na ander eerder as om te roem en te eis dat ek in U naam alles is en kan doen, help my om net nederig te wees en U liefde in my te ondervind.
Amen.
Kopiereg©Wilfred (Willy) Funchal.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Ano

    11 Mei 2019

    Jaaaaa! Ons het God verlaag tot ‘n lakei. Doen dit, doen dat… En natuurlik, hoekom verloop my lewe nie soos ek dit wil he nie? Maak reg!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 16
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 118 gaste aanlyn

Bydrae Totale