Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: buig

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 26 Februarie 2021 Aantal woorde: 78 34 Kere gelees 3


om van my duin af te buk
word by die dag moeiliker

my boompie was van vroeg
gebuig met roede vasgeheg
deur jare het roede ingegroei
pynlik soos ingroei toon naels

my boompies het ook gebuig
met verroeste roede ook daar
almal het sterk bome geword
wat elkeen sy eie skadu gooi

soos ouderdom op my duin
so buig die ingegroeide las
met gepaardgaande krake
so diep as my siel se bas

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1101
Kommentaar telling: 140

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 96 gaste aanlyn

Bydraes – Argief