Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: BRIDGETTE EN BERNADETTE

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 3 Junie 2019 Aantal woorde: 1231 66 Kere gelees 1

BRIDGETTE EN BERNADETTE

Lê gisteraand wawyd wakker in my bed en dink sommer aan als en nog wat en wat nog als: toe ek skielik uit die ver bloute onthou van Bidgette en Bernadette. Daai laerskooldag toe ek die 2ling ontmoet het het ek uit die een of ander misplaaste ordentlikheid niks gesê nie; maar ekt geweet daar moet fout wees. Honor bright, daar moet eers!! Cause why omdat en oordat ‘n 2ling veronderstel is om presies na mekaar te lyk. Of dan nou per ongeluk aspris soorvan net ‘n kleinbietjie na mekaar. Maar Bridgette was langerig en maer met witblonde hare en ‘n erenstige streep. En Bernadette was kort, mollig met rooihare en sproete, en sy’t altyd geglimlag.
So. Daai nag nadat ek en my Hero eers klaar gewerk het op die ou Ghwarriegat en gaan skoppelmaaiswaai het daar op die bande van die Sewester wat Hy eers self vasgeknoop het; en vir ‘n bietjie se tiekie tussen (ekt vir KlaasVakie omgekoop met licorice om aspris nie van sy slaapsand in my oë te gooi nie) gedans het tussen die blinkoogkyk van al die sterretjies en die mistieka van ver-ver planete; toe, nê….Toet ek sommer so wawyd wakker in my bed gelê en probeer om hierdie raaisel op te los; maar ek kon eers nie gekon het nie! Maar. Maar dit moes iewerster tussen aan die slaapraak en verstrengel wees in die enigma van hierdie misterie wat ek gevoel het hoe my Hero my saggies optel en styf teen Sy hart vasdruk. Hoe Hy met Sy baie liefnesstem binne-in my hart die antwoord split: Als wat dieselfde is is nie altyd dieselfde nie! Is eers; ek jok nie!!
Dis soos…. soos-uhm; Maria Portugees-hulle en Koos Portugees (hoekom ons hom Koos genoem het, kan ek nie onthou nie) se kaffee net so blok of twee se loop van Maria-hulle s’n; wat mens altyd aspris probreer kroek het met mens se kleingeld.
Maar Mannie van die fietswinkel was nie so gewees nie – al was hy eers aspris ‘n Portugees; hy was vriendelik en niks eers skelm nie. Hmmm; per dalks was dit oordat en omdat Mannie nie sulke njammies vis en slaptjips (wat toegedraai was in sulke witterige papier en dan het die te baie asyn dwarsdeur die papier gevlek en in sulke loop-drup riviertjies tussen mens se vingers deur gekriewel) verkoop het nie maar fietsgoeters. Of omdat en oordat Mannie altyd gelyk het of hy bly gewas het om mens te sien en nie soos Koos wat mens altyd kwaai van onder sy deurmekaar winkbroue beloer het nie – een hand op die till; doodbang mens steel sy oorpryste ou simpel swiets!
Enne per dalks was dit soos my presies-dieselfde rooi vlieërs (rooi crincle paper oorgehad)… Die ene het hoger gevlieg as die babawolkies se kleuterskool (huh-uh…huh-uh, ek mag jou eers nie sê waar dit is nie – dis my en my Hero se geheim); so asof ‘n Sho’t Leftengeltjie hom aspris gedêps het en hom op die asem van my Hero laat sweef het. Marvelstruct! Maar die ander presies-dieselfde ander rooi ene het nes ‘n veraaier in die eerste blêrrie boom in vasgevlieg. So hoog en vasverstrengel dat ek wat ‘n boomklimmer van formaat was niks aan sy saligheid kon gedoen het nie!! Honor bright, eers niks kepiks nie.
Meskien. Per dalks. Aspris….was dit soos…. soos; ‘n man. Mans. Mans wat my as klein dogtertjie misbruik het – vir 26jaar lank – tot ek al n groot dogtertjie gewas het. Onthou. Ek onthou daai kranksinnigebang en eina wanneer daai klipharde, bloedrooi opgehewe monster tussen my beentjies ingekap is. Nes ‘n spyker dwarsdeur hout en bloed!! Hoe dit reg in die middel van die nanag nog dwardeur my hele klein dogtertjiewees ge-eggo het…het…het…het; nes ‘n losgetoringse lappop op ‘n ashoop. En as volwasse vrou; die…daai waansinnige bang en vernedering wanneer Spykerman met dierlike geweld en vernyn in my lyf ingekap is. Hoe ek verniel is en later nes ‘n semellose lappop net daar bly lê het. En hoe als reg in die middel van die nanag steeds dwarsdeur my ge-eggo het…het…het…het…het…het. Hoe hulle monde, hulle vat; hulle hondsdol-kwyl my borste laat voel het soos twee stukke rou-vrot vleis wat kadawer net aan my lyf gehang het.
Mans. ‘n Man; meer spesifiek – my eie persoonlike man. Onthou. Ek kan onthouhoe byna oorversigtig hy my gepenetreer het; so-so bang hy maak my seer! Hoe sy lyf myne (my totale wees) soos ‘n baarmoeder teogevou het; my binne-in sy manwees gekoester het – nes….nes ‘n pêrel sonder prys. En hoe sy liefhê reg in die middel van die nag steeds dwarsduer my ge-eggo het…het… het…het…HET! Hoe die rspek; die teerheid van sy mond en vingers my borste laat voel het soos die heilige berge van my God: Sinai en Horeb!!
En wat kan ek sê van die Man der manne – die MessiasSeunsKind van die Lewende God – behalwe om myself net te heerhaal: Eks die liewerste lief vir Jou, my hart se Lam. O; my hart se Vlam …My Lord of the Dance – my eie persoonlike Hero. Ek lief Jou met my hele-ganke wise-ass hart. Lief Jou met my ganske-hele cheeky-kaalvoet vrouweesgemaak. Lief Jou vir altyd se ewig plus een hele en ganske dag!!!
……..Hmmmm…. en terwyl ek gisteraand wawyd wakker gelê en dink het aan als en nog wat en wat nog als; aan net presies hoe verskriklik erg hierdie afgelope klompie maande was. Hoe mens en demoon my menswees; my vrouweesgemaak fyn en flenters probeer skeur het. Dit was amper kestampet tickets met Liewe Jesus se eie persoonlike GhwarriegatQueen!!! En terwyl die nag se donker my probeer insluk en fynkou; was daar ‘n oomblik of twee (ek lieg nou die blou skoon van die hemel al); ‘n toetentale arenaal van ewige oomblikke wat ek als sommer net in hulle malle maai in wou los; want help dit tog??? Niks gaan verander die – als gaan dieselfde bly; mense sal my aanhou jag soo ‘n wilde, redelose dier. My nooit geluk of liede; of enige ander blêrrie iets gun nie!!! Ek mors my tyd, genoeg is genoeg. Ek kan nie meer nie en ek wil ook nie meer nie.Dis dit!!!!
Maar. Dit moes iewerster tussen aan die slaapraak en verstrengel wees binne-in hierdie deurmekaar hel in my hart, my vrouwees; my lyf wat my Hero my baie saggies opgetel het en so baiebitter styf teen Sy hart vasgedruk het. Teer deur my hare gestreel het. En saggies; baie saggies; in my hart gesplit het: Als wat dieselfde is is nie altyd dieselfde nie!!!….Ek kon letterlik voel en sien hoe hoop weer kom kaggelvuurgloei binne-in my toetentale binneste. Hoe die passie soos ‘n rivier in vloed dwarsdeur my storm; branderbreek teen die Rots; my Lord of the Dance!! Hoe ek weer toegevou word binne-in geloof – ten spyte van hoe ek voel of hoe dinge lyk: dit hoef nie dieselfde te wees nie. Hierdie keer gaan dinge ander wees. Hierdie keer IS dinge anders!!!
(Ek weet nie wat van Bridgette en Bernadette geword het nie; maar mag dit met hulle baie goedgaan en ‘n stywerste drukkie van my en my Hero af – als wat dieselfde is is nie altyd dieselfde nie!!!)

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag al jou dieselfde andersters wees.
©Liza Daniells




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 62
Kommentaar telling: 20

Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 89 gaste aanlyn

Bydrae Totale