Jongste aktiwiteit:

Breekbaar

Die gekraakte kruik
se bars breek oop
in mis van gebruik
het olie uitgeloop

as dik vol trane
deur skeur se krake
vermom as blink bane
in gedane sake

Het stamp se stukke
van herhaaldelik se,
se seer oomblikke
in skerwe gaan le

Die Beeldhouer haar behoud
gelym met geloof en Goud




1 Kommentaar

  • Koos Elsum

    Hou baie van jou laaste vers wow en hoe jy die gebreekte “kruik” agter die versierings uitbeeld. Net vraag het die hoofletter begin in party begin van verse en nie in ander ń doel? Klein kappie op “le” lê

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed