Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: BRANDERS

Deur Louie
Datum gepubliseer: 30 Augustus 2016 Aantal woorde: 96 892 Kere gelees 14

Branders
waarom hou julle geduldig eindeloos julle aanslag vol
terwyl julle met ‘n gerommel en gebrul
‘n wit mis opwip teen die niemands kim?

Dit is geen skande
om statig na die dieptes van jul moeder terug te kruip
want op hierdie aarde sal julle nooit
‘n hawe teen die stormgolwe vind

Hoekom verwit jul kruine
en speel jul watervingers deur die sand
waar een ry spore se getuienis
uitgewis word in die nag

…Hardloop nou maar liewers weer die dieptes in
terug na jul moeder
en tuimel saggies deur die seegras in jul Atlantis tuin




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 101
Kommentaar telling: 105

Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en dogter Katelyn. Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 95 gaste aanlyn

Bydrae Totale