Titel: BRANDENDE BEKORING (Brons)
Deur Tania Erasmus
BRANDENDE BEKORING
(Brons)
terwyl jy my met jou innerlike bekoor
en jou vlees vleiend vloeiend met my kom toor
net soos branders woed in groot blou see
kan ek met passie-dans my salig sag tussen lakens verloor
onverwags deur jou gered uit kloue van weë
met jou menslike aard en figuur gee my vrese mee
soos donderslae en bliksemstrale woed in voedsame reën
so sal ek deur dor droë jare al my passievolle liefde aan jou gee
©️TaniaPascheka
23.01.2021
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek