Jongste aktiwiteit:

Brakpan, my plek

As mens in Brakpan bly
dan word dit jou plek
ons verdra die draakstekery,
dit hou ons op die map!

Pragtige dorp met aller tipe mens
Grênd, kens of trens
Maar ken jou plek, jou maniere
Wees beleefd, deel jou biere

Groen gras, struike en palm bome
sierlike ou geboue en puik skole
Carnival Casino deur heinde en verre besoek
en ‘n groot mall net om die hoek

‘n 100 jaar oue Casbah padkafee
Het menigte jong mens verliefheid gegee
Wie is die bruid, sal jy vra;
(Dis die een wat die wit sweetpak dra)

Veilige oornag staanplek vir jou karavaan
as jy ry van Johannesburg na die Suidkus
bring jou kanoe en roeispaan
…en stok, ons pan het groot vis

Baie klubs en kroeë
Maar kyk uit vir die bord: “wees bang”
Dis drinkplek net vir die locals
Bly uit en gaan jou gang

So… as jy nuut is, bly uit die kroeg
moenie skoor soek met ‘n daggaroker
jy gaan ‘n paar dae in die bed wroeg
‘n Brakpan-ou gaan jou moker

Om jou ore skoon te maak,
moenie iemand anders se bakkie sleutels leen
as jy daaraan raak
gaan jy sit met ‘n af-sleutelbeen

Met dagga gewettig,
Blom die groentetuine weer
Jy is in, as jy dagga kan plant, oes, rook,
Of mampoer kan stook
(Jy kan selfs twee plantjies ruil vir data)

Bout vas als voor jou plek
Tuinstoele, potte, ‘n beeld van Houdini,
As dit erens anders heen trek
sal jy dit nie weer sien nie

Vergeet van verre plekke, Tietiesbaai of oorsee
Brakpan, in jou sal ek woon en werk
Soos ‘n laptop met Windows ninety five
Gaan ‘n Brakpanner nie in ‘n ander plek survive
Hier sal ek bly en dood
Om te Brakpan, eet jy vleis saam met jou brood




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed