Jongste aktiwiteit:

bosveldhuisie

die koue sny deur been en steen
flou sonnetjie bring ‘n nuwe dag
‘n wind wat troosteloos ween
‘n vrou wat wag
waar is die tyd tog heen
sy kan vergewe maar nie vergeet
hoe die son warm geskyn het
oor haar bosveldhuisie
elke geleende somersdag
so warm en knus in die winter
haar kinders naggesoen
saamgekuier by die vuur
saam beplan vir ‘n nuwe groen seisoen
vrolike stemme eggo in elke hoek
dan onthou sy die nag
die nag van die groot bang
skote wat deur haar wese dring
gille wat in die lug bly hang
‘n flitsende lem in die flou maanlig
toe niks…
‘n lewe wat in vlamme opgegaan
‘n vuur wat alles vat wat dierbaar is
haar alleen laat staan
met haar herinnering
aan ‘n bosveldhuisie vol sonskyn en prag
nou ‘n oopbek murasie wat grynsend lag

* FAK Sangbundel: (Bosveldhuisie)

© Evanthe 2017 Elroux




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed