Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: bosnimf

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 7 Oktober 2019 Aantal woorde: 124 57 Kere gelees 1

waar stroompies water
kabbelend tussen groen
plante in klofies afspoel
woon sy wat bosnimf is

waar sonstrale skraal
deur bewegende takke
loer en haar oë laat blink
daar is sy gelukkig

waar loeries roep
en hul maat antwoord
weergalmende gesang
daar sing sy vrolik

waar berghaan se skaduwee
oor alles verbygaan en vrees
in kleiner voëltjies veroorsaak
daar bly sy in vrede saam

waar bosbok se ruwe roep
vroeg voordag teen kranse klap
met sy viere uitdagende stand
dit is waar sy pragtig pronk

waar donker se strepe
die woud deurtrek in stilte
en luiperd sy prooi bekruip
daar rus sy in stilte saam

waar berge blou uittroon
en woude inheemse bosse
sag teen blou lug vertoon
daar woon my bosnimf

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 664
Kommentaar telling: 104

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 110 gaste aanlyn

Bydrae Totale