Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Boskind by Seekoeigat

Deur Wilfred Funchal
Datum gepubliseer: 3 Oktober 2019 Aantal woorde: 186 72 Kere gelees 2

Boskind by Seekoeigat

Boskind se droom, word eindelik, eens waar
tuis, in die bos is sy, shoe! dis kant en klaar
die skoonheid, van die natuur, is vir haar daar
groter bewondering, is daar eerlik nie vir haar

ai!! langs seekoeigat, sit sy nou en skater
die apies, spring op en af, langs die water
teen die walle, wei die rooibokke, dis later
die seekoeie raas, hulle klink, al hoe kwater

op, in die pad, trots, loop die blouwildebees
een alleen, statig, tog, in die minste, nie wees
in die verte,’n gebrul van ‘n leeu, dis klink hees
skemer kom aan, slapenstyd, is dit, vir ou kees

laat in die nag, sy, word met donkerte omhul,
die hemelruim wemel, dit is met sterre gevul
die naggeluide, laat haar, met blydskap opkrul
haar nagrus is soet, dis met vrede, van bo vervul

dagbreek, se skoonheid, bring vrede vir die boskind
die natuur, se sagtheid, is in die gesuis van die wind
hierdie liefde, raak ons almal, dit! is ons eensgesind
met die diereryk, van die bos, bly sy dan, vir ewig gebind

Kopiereg © Wilfred (Willy) Funchal




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 22
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 52 gaste aanlyn

Bydrae Totale