Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Bos

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 2 Junie 2020 Aantal woorde: 57 15 Kere gelees Hou van

die groen naalde blink
oor vlak grond hange
mens geplant
teen fynbos bergwang.

teen die strome
onverstoorde voormens
oer oue bome
sonder rankskik
ń deurmekaar harebos.

Netjiese denne rye ruik na
skoon badkamers in
vyfster hotelle
vir uitheemse
gaste.

my neus en vel
reuk ons bos
ongestoord deur eeue
as moeder mufgoed
omdat God se blare
roekeloos val.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 300
Kommentaar telling: 19

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 38 gaste aanlyn

Bydrae Totale