Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: BOODSKAP IN ‘N BOTTEL

Deur TaniaPascheka
Datum gepubliseer: 12 September 2020 Aantal woorde: 842 49 Kere gelees 3

BOODSKAP IN ‘N BOTTEL
(Brons)

Surie sit met haar gesig in beide haar handpalms saamgevou. Die trane rol. Deur haar seer gehuilde oë, oor haar rooi gehuilde wange glip dit reg tussen deur haar vingers. Dit laat haar net al hoe meer dink aan die man wat sy destyds deur haar vingers laat glip het – nes die trane nou doen. Sy dink nostalgies terug aan haar groot skoolliefde.

Dit verbaas haar dat so ʼn klein nota in ʼn glas botteltjie wat deur branders se getuimel op die strand beland, haar binneste so kan oopskeur. Haar emosies is nou een groot warboel van stormagtige emosies. “As ek kon tyd terug draai… Ek is jammer vir wat tien jaar gelede gebeur het. Steeds is jy die liefde van my lewe. 10.12.2009” Die datum is te lank terug, maar die feit dat dit selfs ongeveer tien jaar gelede was maak eens toegepleisterde herdenkinge weer vars oop in haar geheue. Dit was selfs in die jaar tweeduisend-en-nege wat hy die nuus aan haar kom breek het.

Surie en Sarel was die super paartjie genomineer op hulle matriek afskeid. Sarel het op een aand na Surie se huis gegaan, op die trappies voor hulle voordeur neergeval en begin huil. Al was hulle nog net drie maande saam, was hulle van die begin af smoorverlief. Hulle was so verlief dat mense sou dink hulle kys al van laerskool af. Selfs so dat hulle alles van mekaar geweet het. Surie het hom wel nog nooit so sien huil nie. Op pad by die deur uit – op wat sou wees ʼn ete-afspraak saam haar pas gematrikuleerde kêrel – gaan sit sy langsaan hom en laat rus haar hand saggies op sy skouer. Hy ruik heerlik, soos haar pa se ouderdom manne ryk met al hulle naskeermiddel. Daardie oomblik het sy nog nie geweet dat haar lewe handomkeer sou verander in ʼn oogwink nie.

“Ek is so jammer my Sweet – ek het opgemors”, huil hy deur sy woorde.
“Wat” vra sy paniekerig.
“Jy weet ek het jou vertel – ek is nie so ʼn tipe ou, maar… daardie een aand…”
“Wat jy en die meisie te intiem was – omdat jy te veel gedrink het by ʼn partytjie?”
“Ja… Wel…” hy sluk diep en hard en weet nie hoe om vêrder te praat nie.
“Is sy swanger?” vra Surie reguit, maar Sarel kry nie ʼn woord uit nie. Die trane seëvier net weer.
“Sy is…” antwoord sy haarself. Sy staan op, op presies dieselfde oomblik as wat hy opstaan. Sy gee hom ʼn stywe drukkie. Sonder woorde staar hy haar net agter na toe sy omdraai en begin loop met haar fraai pienk blomme-rok.
“Ek verstaan en ek respekteer dit. Doen wat jy moet, maar in my hart sal ek altyd lief bly vir jou.”

Sy het Sarel goed genoeg geken om te weet dat hy die regte ding sal doen. Hy het gaan trou en die kind saam groot gemaak. ʼn Pragtige dogtertjie met die naam van Suzie. Sy het nog altyd gewonder – kon die s’e in die super paartjie se name, die rym van die naam – kon dit sy manier van heimwee weerspieël wees? Hulle ou gemeenskaplike vriendin wou gereeld vir haar vertel hoe dit gaan, maar haar hart was bot toe – na die seerkry, maar ook van die onderdrukte liefde. Suzie het blykbaar onlangs nege geword.

Surie se gedagtes word onderbreek ʼn glinsterende beeld in die sonlig van ʼn man en sy kind wat strand langs draf. Hulle is op pad in haar rigting en sy vee vinnig die trane af. Haar Border Collie; Charlie – draf na die dogtertjie toe en baljaar saam haar in die vlak waters van die see. Sy voel verleë oor haar pofferige rooi gesig. Verslae staan sy op en vee nog ʼn keer die trane af om die man te groet, wie se kind met haar vierpoot kind, in ʼn japtrap beste vriende gemaak het.

Hy is aantreklik – dink Surie. Iets om haar seer mee weg te steek. Sy breë skouers en bruin gebrande lyf lyk na die figuur wat haar moet vasdruk en troos, dink Surie weer. Toe hy by haar aankom gryp hy haar om die lyf en druk haar styf vas. In plaas van om terug te ruk, lê sy in teen sy bors. Daar is ʼn gevoel en ʼn reuk van bekende veiligheid wat haar oorval. Sarel se naskeermiddel.

“Dit kan nie wees nie. Ek dog jy bly nou in Kaapstad? Wat maak jy in Swakopmund? Waar is…”
“Shhht my liefste Surie”, maak hy haar eers rustig. Sy leun weer in en lê verder teen sy sterk gestalte.
“Sy is ʼn jaar terug oorlede. Ek het gevra dat Tracy jou nie daarvan vertel. Ons het tyd nodig gehad. Suzie weet nou al klaar van haar tweede mamma wat God vir haar uitgehou het meet ʼn naam amper soos haar eie. Sy was te opgewonde om jou… julle… te ontmoet.”
“Hoe het jy geweet waar om my te kry?”
“Ons gunsteling plek. Ons eerste soen. Ek het geweet ten einde – was ek en jy altyd vir mekaar bedoel. Jou gewag – dis nou verby my Sweet”

(853 woorde)




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    14 September 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 14
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 39 gaste aanlyn

Bydrae Totale