Jongste aktiwiteit:

Bokwagter in die skemer

In die skemerson
bak dik kliprots
tot veldreuk daaruit verdamp
en in my neusholtes prentjies vorm
van stof en gras.

Oor die rooi sandoppervlak
lê bokspore soos los legkaartstukke
en tussen my tone druk
die klam rondheid van ‘n bokdrol.
Die aandwind ruk
‘n brunnet krul in die lug
waaruit die dalende son
‘n stukkie goud delf.

Iewers uit ‘n dikgevreete bokbuik
ontsnap ‘n laaste blêr
wyl skudus langer rek.
Vanuit ‘n bos dons en vere
kraai dit oor die werf
en is dit meteens nag.




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed