Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Bôgom-restaurant

Deur Taai
Datum gepubliseer: 17 Desember 2019 Aantal woorde: 105 64 Kere gelees 2

Wind loei droewig
om huis se hoek
vertel van hariges
wat perskerestaurant plunder
lang wolffluit-skaduwees speel wegkruipertjie
tussen boomstam en danssende sonstraal
bôgom, bôgom skree ou kees
in vrugteryk onheilspellend
wah-wah klink op deur takke
boord ritsel … kraak … klap
in wedywer om sappige vrug
saggies slof-slof ek na binne
kluisdeur fluister krakerig
geheime vir kees se oppasser
klik … klik … klik
voer ek versigtig sy ystermaag
rig na bloue hoepelruim
skreef my oë vol beloftes
vinger snaarstyf gespan
dwa … dwa … dwa
waahii, waahii, wahêlp ôns
takke in rep en roer
verkwiste perskes lê verstrooid
stil getuienis van gebeure
sulke morsende jorse!

© Taai Bonthuys




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 37
Kommentaar telling: 1

Digter, Skrywer en professionele rekenmeester.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 51 gaste aanlyn

Bydrae Totale