Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Boere resep – Oond gebakte baber.

Deur Vossie
Datum gepubliseer: 21 Julie 2018 Aantal woorde: 503 620 Kere gelees 3

(Opgedra aan Dennis)

Hierdie beproefde reseppie is ingestuur deur tannie Vokkens van die papgooi klub, om verligting te bring vir die moeilike finansies van ons tyd.

Jy benodig:

1 vars gevangde baber (medium) 1 ses duim spyker en ‘n goeie hamer
1 stewige boom 1 of 2 skerp messe
1 skoon tang 1 rol papier handoeke
1 skerp byl 1 skottel
1 hout tamatie kas plankie (as jy sukkel hiermee, daar is nou gegeurde houtplanke beskikbaar)
Rol tin foelie 1 oond (elektries of gas) gas is beter, eskom proof

Bestandele:

5 tot 6 groot tamaties in skywe gesny 1 tot 2 suurlemoene
2 vars knoffel huisies fyn gedruk 1 bottel vis speserye
2 groot uie in ringe gesny 2 eetlepels growwe sout
1 koppie botter 2 eetlepels swart peper
250ml olyf olie

Metode:

Neem die baber, met die hamer en spyker na die stewige boom. Kap nou die spyker deur die baber se kop, aan een van die boom se takke vas(nie te hoog nie). Maak nou met jou skerp mes ‘n snit rond om die baber se kop. Maak nou nog snitte, net deur die vel, in die lengte van die baber(kop na stert) omtrent 25mm uitmekaar. Met die tang, begin nou die vel repe van die baber af trek, terwyl jy met die mes die vel van die vleis af slag(amper soos rooibok slag nê). Waneer al die vel afgesny is, maak ‘n lang snit in die pens(bo na onder), en verwyder nou die binnegoed. Sny dan al die vinne af. Nou is ons amper gereed om die die baber by die oond te kry. Vat nou die byl en kap die baber se kop af, sodat jy slegs die skoon gemaakte deel in jou hand het. Was die baber nou mooi skoon in die skottel, en droog hom mooi af met papier handoek.

Die baber moet nou in ringe van 25 – 30mm gesny word. As jy sukkel met die mes, gebruik die byl. Sodra dit gedoen is, kan ons begin met die speserye. Die baber ringe moet nou afsonderlik met die vis speserye, swart peper, en growwe sout ingevryf word. Daarna begin ons met die tamatie kas plankie. Rol ‘n stuk van die foelie af, groot genoeg om die plankie en baber te bedek(indien jy onseker is, die geraamde hoeveelheid x met 2.5). Meer is beter as minder. Plaas nou die tamatie kas plankie bo op, in die middel. Skink die olyf olie oor die plankie uit. Pak die tamatie skywe bo op die plankie. Nou pak ons die baber ringe, regop, bo op die tamatie skywe, met uie ringe tussen in die baber ringe. Nou is ons amper klaar, smelt die botter met die knoffel saam, en giet oor die baber ringe, gevolg deur die sap van die suurlemoene. Vou die foelie nou versigtig om, en seёl mooi.
Nou sit ons die pakkie in ‘n voor verhitte oond teen 180 grade, vir ongeveer een uur. Na een uur haal uit en vou die foelie pakkie versigtig oop. Gooi nou die baber en alle bestandele in die asblik, en eet dan die tamatie kas plankie! Smaaklike ete!

©Vossie




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    21 Julie 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 – OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 22
Kommentaar telling: 1

Ek is al 16 jaar getroud met 'n pragtige mensie en pa van 'n besige laaitie. My passie is letterkunde, reis, fotografie en elke oomblik saam met my gesin. My geloof is ons behoud en die gom wat alles bymekaar hou.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 113 gaste aanlyn

Bydrae Totale