Jongste aktiwiteit:

Boemelpaar

Bergies speel op tromme
en rook in hul longe

Die boemelaar en boemelvrou
is ongeskik màar streng getrou
Hul slaap al jare saam n uitgemaakte bokkompaar

Hulle swerf rond soos swaels met afgekoude naels
Skrop n leplek waar hul kom
en voer dit uit van kant tot kant
met swartsakke en ou koerant
As die winde die duine kam en alles sout word en klam
dan breek die boemelpaar hul halwe brood en vlam

Die bloutrein is vir hul die dood
n soort retoer na die oord
waar alles wag wat lekker is
en geen wet of wekker is
Noudat hulle vinnig ouer word
raak hulle plesiertjies ingekort
Die voete swel die are klont
en word nooit weer gesond

Wat word van so boemelpaar
op n dag is hulle nie meer daar
Val hulle soos blare op die grond
of waai hulle soos koerante rond.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed