Jongste aktiwiteit:

Blou

Blou

dis bietjies blou
wat waardes lyn
in bitter grou
en grensloos pyn
kwansuis gedink
met durf en daad
in eie krag
kan mens oorwin
kan mens vermag
maar soet onthou
angel donker venyn
dis diepsee blou
waar son moes skyn
kwansuis vertrou
die hemel is wyd
geluk sal bloei
soos mens besluit
gebreek in rou
gebraakte spyt

dis blousel blou
waar mens onthou
waar mens tóg leer
Slegs Hy – is Heer…

© Barbara Smit – 27/05/2019




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed