Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Blou

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 28 Mei 2019 Aantal woorde: 76 431 Kere gelees 2

Blou

dis bietjies blou
wat waardes lyn
in bitter grou
en grensloos pyn
kwansuis gedink
met durf en daad
in eie krag
kan mens oorwin
kan mens vermag
maar soet onthou
angel donker venyn
dis diepsee blou
waar son moes skyn
kwansuis vertrou
die hemel is wyd
geluk sal bloei
soos mens besluit
gebreek in rou
gebraakte spyt

dis blousel blou
waar mens onthou
waar mens tóg leer
Slegs Hy – is Heer…

© Barbara Smit – 27/05/2019




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    28 Mei 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek

  2. Loretta Szikra

    29 Mei 2019

    Sjoe Barbara, die mooiste blou woorde so goed bymekaar gesit. Mal daaroor.

  3. Barbara

    29 Mei 2019

    dankie vir die saamlees xxx

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 61
Kommentaar telling: 44

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale