Blinde liefde
Jy oorval haar met grashalms
Hy dra regte blomme aan
Jy bou vir haar ʼn lugkasteel
Hy gee vir haar ʼn huis
Jy vee haar drome uit
Hy kleur dit met waarheid in
Hy tel die stukke op
as jy haar hart flenters breek
Jy floreer op lus
Sy liefde is opreg
Hy aanbid haar
Jy gebruik haar
Jy bars haar bubble
Hy maak haar weer lag!
Jy hou haar op die kantlyn aan
Hy wil met haar trou
Jy is geraffineerd en bang
Hy’s ʼn ware man!
Vir jou is sy net ʼn opsie
vir hom ʼn prioriteit!
Waarom hart en verstand in tweestryd
om tussen julle te besluit?
3 Kommentare
-
Viooltjie
Goeie waarneming en ontleding van die situasie, Loretta. Goed geskryf :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Applous vir jou!