‘Black Widow’ Silwer klas
Soos ‘n swart weduwee sit sy daar
wagtend honger
smagtend na mag
doelbewus lok sy die prooi na haar
met wulpse swaai en pruilmond lag
van buite onskuldig
soet en sag
dodelik die gif wat daar op jou wag
vasgevang in haar spinnekopdraad
jou sinne verlam in liefdesverraad
te laat vir onsnap uit haar dodelike klou
haar grynslag verbreed as jou veglus verflou
smyt sy jou weg
net n lëe nikswerd dop
jou toekoms verwoes
deur ‘n swart spinnekop
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek