Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: BINNE-IN MENEER SE STUDEERKAMER

Deur GhwarriegatQueen
Datum gepubliseer: 18 Junie 2019 Aantal woorde: 1240 157 Kere gelees 2

BINNE-IN MENEER SE STUDEERKAMER

Ekke kan nog so vreeslikbaie goed onthou van daai eendag lank-lank gelede binne-in Meneer se eie persoonlike Studeerkamer…. Die heel eerstekeer van baaaaaie ander kere.
Petrus en Dawid – Meneer se koningmaatjie; wat eers geweet het dat mens met jou voete kan bid – ‘Dance then wherever you may be;’ daai Great GiantSlayer. Dance then…… Hulle het ons (vir my en vir Bas enne vir Nikodemis – nee man, nie die skrifgeleerde nie; Nikodemis die donkie, tsk) mos kom roep. Meneer wou ons eers die gouerste gou binne-in Sy Studeerkamer gesien het Marvelstruct!! ‘n Volle duisendmaal, maar ook ‘n mespuntjie se bang….. Dink ook so; ons maak dit liewerster ‘n teelepel se bietjie.
Dis oordat ons net so halfies geskrik het dat iemand niemand ons by Meneer gaan split het oor ons en Nikodemis per ongeluk (njannies en honor bright en genuine en rêrig-êrig dit was eers ‘n per ongelukgedoente!) Petrus se heel beste en gunsteling visstok in die hele-hele Hemel en aarde gebreek het. Enne nê, partykere kan oumense ‘n tiekie se bietjie grommerig en brommerig wees. Rêrig-êrig, maar dis nie eintlik hulle eie, persoonlike skuld nie.
Oumense kan per ongeluk bakleierig raak vir per ongelukgoeters. Is! Dis oordat hulle binnekant se bene vol eina sukkelgoeters kan word. Goeters soos uhmmm; soos argiegietes en rummelmetieks en ander oumens gietersmetietes…… ‘Just an old fashioned lovesong’ en Meneer, nê; was eers ouer as die eerste druppel van die blousee se baie klompe water. Is! Hy was eers gewees. Maar al het Hy aspris soos ‘n rêrige mens gelyk en al was Hy so vreeslikbaie oud gewas – Meneer was nie eintlik grommerig of brommerig nie. En. En Hy was eers nie propvol van rêrige, lewendige gietermatietes nie!….. Ek onthou dit so goed, Bokkie my babie😁Hy het so vreeslik se vreeslikbaie nes my Hero gelyk. Daai sagte, Vuurvlam oë met die baie lagplooitjies se onthou in ou padkaarte langsaan geverf. Sterk. Sy saggies vat – alles was nes Liewe Jesus. Net behalwe Sy baard was ‘n paar dogtertjievingertjies langer en die donker daarvan was vol krabbelpatroontjies grys gedrup – ‘I danced in the morning. When the word was begun’ ……….. En ‘n stukkie van Sy oë was nog vol stukkende eina van die eina wat Skedelkop Sy Seunskind gemaak het. Is, dit was. Honor bright.
En Meneer se klere was altyd witterste wit – is, dit was eers! Al was Hy die liewerste lief vir ál die marvelstruct kleure wat Sy hart self uitgedink het; maar oumense (al was Hy nie ‘n honor bright oumens nie!) wil mos altyd en elke dag respektabel wees. Dis maar hoe oumensgoeters werk…… ‘But I am the Dance. And I still go on.’ Maar Sy LiefstelingSeun het net vir spesiale Hemelgoeters wiiterste wit kleure aangetrek. Oordat en omdat Hy die liewerste lief gewas het vir geel en oranje en rooi en groen. Vir blou. Al die sterretjiebaie se baie verskillende kleure van blou. Indigo; Sy heelbeste gunsteling…………. Indigo…….. en my heelbeste gunsteling ook!Migael het ons halfpad kom haal. Skaterlagend ons skoppelmaaigemaak met sy sterk engelarms. Tot bo-op sy eie, persoonlike skouers Met ‘n knipoog vertel dat Petrus nie eers per ongeluk of aspris sou geweet het van sy middeltwee visstok nie. Engele kan ook wonderwerkgoeters doen; jippieee. Joegaaaai! Cause why omdat en oordat Liewe Jesus hulle eers leer as hulle nog klein engeltjies is. Eintlik is wonderwerkgoeters doen maklik – I’ll lead you all in the Dance, said He; mens moet net eers rêrig weet van liefhê en glo en die saggieswees van Liewe Jesus se eie, persoonlike hart.
Binnekant in Meneer se Studeerkamer in! ‘You turned my mourning into dancing,’ die groot skildery van Liewe Jesus en Salvador teen die een muur. Die helder flikker-flonker lig van Meneer se Vlamvuur oë wat dans. Orals. Dans teen die ander muur met sy vloer-tot-dak boekrakke.
Meneer se KRONIEKE BOEKE……. Boeke. Bladsye helemal volgemaak met raaisels en geheime en stories vol honor bright heroes….. ‘My love is like a Storybookstory’ en liefnesgedigte. Daai epiese worstelstryd tussen Waarheid en leuen; the Passion – the Power. The Danger. Belowedinge. Enigmas propvol vol dans, ‘dance me. To your beauty with a burning violin.’ Kronieke Hemelge-ink met waarmaker woorde. Woorde van lag, traan en pyn. Eina, skaterlagnuanses van gister, vandag, Van môre wat nog deur die onbekende newels van Hart en Vingers moet breek…..
Maar nê; Meneer se mooiste en beste KRONIEKEBOEK in die hele Hemel en wêreld was: THE GREAT DRAGONSLAYER. Die marvelstruct storie van ‘n Anderster soortvan Man (With a Slow Fire Forever Burning in His Eyes) met ‘n forse, spierewit Arabierse reisiesperd. ‘n Hero Krygsman wat met wilde, onverdunde – byna angswekkende – Hartstog een winderverflenterde fraaiingdag ‘n magtige, afgryslike draak met sewe koppe en tien horings met die wraak van soete, dwingende liefdesywer verslaan het! Is Hy het eers! Gewapen met Bloedgedronge swaard in Hout geëts – I’ll live in you. Vir Sy eie, persoonlike Pêrelvrou.If you live in Me…….. I love You, Jesus; Son of the Living God, and I’ll always love You….. Forever and irrevokeably Yoursxxx…. ‘I am the Lord of the Dance, said He.’
Uhm…. Weet weet jy eers wat, Bokkie my babie: Dis eers my eie persoonlike geheim – so as jy wil weet hoe dit rêrig in Meneer se Studeerkamer lyk, wel, dan moet jy op uitnodiging ook saam met Hom gaan teedrink.
En honor bright. Tee in die Hemel. In Meneer se Studeerkamer. Groot bekers vol. Meneer is nie eintlik ‘n Royal Albert soortvan Meneer nie; al is Hy eers ryker as enige ander niemand iemand. Is! Als is eers Syne – van die donderwolke tot die duisligwekkende kranse van die berge en watervaldruppels se dawerklank. En die die see. Selfs die dassies se piepie behoort aan my Meneer. Pê-wê!…… Uhmm; amen……
Groot Hemelbekers warme. Lekker tee. Oorloop toe volgemaak met Mildrid se vars melkroom – broers en susters van die gemeente, lekkerste van al die lekker goeters. En dan’s daar so wraggieswaar die spoke van roem en status wat die sosiale flater begaan om vir bankbalans en aansien te glo dat ‘n paar duisendrand se prysetiket ‘n bottel sjampanje Hemel op aarde kan reïnkarneer; yea right: Your Village called. They want their Idiot back!
Liewe Mildrid; ek verlang myself disnis na jou Hemelmelk se wit snorretjiemaak teen mens se bolip. Dit het altyd vir Liewe Jesus en Meneer aspris ‘n hele ekstra snor bygegee. Een. Twee snorrebaarde, die ene diepbruin (soos geil grond – nes ‘n lankgelede drulkopdogtertjie sinne…. Dink jy ek sal ooit kan ophou verlang na haar?
Huh-uh; ek dink honor bright ook nie so nie) en die ander snorrebaard spierwit bo-oor gekierang. Net soentjies dêps kon die wit eers bietjie laat wegverloor het in verdwyn in en kieliebruin snorrebaarde wat; dogtertjieneuse se neusies kon laat kriewel…… Dankie, Mildrid, jy is ‘n koei der harte; ‘it’s too wonderful.vJa, Mildrid,’ it’s too marvelous and it’s believed to be absolutely true’…… Uhmm, ek weet ons Faikonta land se ruïnes het plegkemaak vir grootmenswellus en onGoddelike dogma….. Uhm…
Ja, dis beterder as ek nou my groot mond hou, ‘cause why omdat en oordat netnou se nounou plaas admin my onder die een of ander sensuurlikheid😁
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jou dag ‘n stukkie Hemel-plagiaat wees.
©Liza Daniells
🍦Mildrid stuur eers vir jou ‘n roomys.




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Toom

    20 Junie 2019

    As jy dit kan, kan jy dit. En dit kan jy.
    Ek besoek jou graag in jou gwarriegat.
    Dankie vir die uitnodiging.
    GvT

  2. GhwarriegatQueen

    21 Junie 2019

    Dis n hartsplesier, en jy is eers meer as baie welkom 😃 Pêreldag vir jou en joune, laf joe ☕🌹💝

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 68
Kommentaar telling: 21

Vergun my net so n skeutjie se agtergrond; seblief - Ek sal dit kort hou. Ek was vir 26 jaar (van ouderdom 8 jaar) vasgevang in prostitusie, delms, satanisme; ens. Ek sal jou nie opsaal met die detail nie. Ek is nou al 21 jaar deur God se genade vrygemaak van daai boeie van die verlede; maar ek ervaar steeds baie vervolging en verwerping van kerk en Establishment. En - verloor om n laaang storie kort te maak, ek het net mooi ALS - letterlik en figuurlik verloor. Hoeveel maal in die winter moes ek fisies op straat slaap; enne is nou een keer gegangrape......nou sit ek met serviks kanker. Maar dis nie die punt nie. Nie nou nie, in elk geval. Ek wil nie chemo of n hospitaalbed he nie. Ek wil weer die seesand onder my voete voel; die see sien. Ek is onherroeplik mal vir die see; vir mooi, ou Kaapland. Ek wil waag om te glo in die gebeur van n wonderwerk. Weer geluk vind; liefde. Ek wil LEWE!!!

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 100 gaste aanlyn

Bydrae Totale