Jongste aktiwiteit:

Callie Vermeulen
vir

Callie Vermeulen

Lees meer oor Callie Vermeulen

Desember 2018 projek

Eervolle vermelding:

XYZ

dit was daar – die punt aan die einde van die sin.
geen twyfel aan my sig of leesvermoë
geen “per abuise” val van die pen

die sweet, klam aan my vingers
kon geen fout bespeur
selfs sou ek dit tas asof in Braille
daar was geen komma of rusteken – net ‘n punt

deur dieper te probeer inkyk was verniet
selfs die leë spasies tussen die woorde
het geen geheimenisse gelewer
of geopenbaar

weerlees en fokus ook tevergeefs
daar was die slotsom…
die woorde het geëindig

selfs sou ek “my oë opslaan na die berge”
daar was geen hulp – jy was nie meer daar
net die koue oggendwind se streling
oor die brief in my hand

©callie




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed