Jongste aktiwiteit:

TJ Haarhoff
vir

TJ Haarhoff

Kersies

Kersies rooi in ou Berlyn,
Kersies geel en rooi,
– Onthou jy, arm student-vriend
Hoe mooi hul was, hoe mooi?

Hoe gretig het ons hul gekoop!
O, goedkoop was hul toe,
En arm was ons, maar ryk ons fees
– Jy, nog nie lewensmoe.

Ja, soet was hul en sappig vars
En vars was ons en fris;
Maar winter vang jou kersie-boom
En wreed word my gemis

Helena

O soeter as die vrug van Hybla-by
En fyner dan die Middel-see se blou!
Voor jou word duisend harte uitgesprei
Vandag – en more is dit net soos nou.

Twee perde

Twee perde trek die siel se wa;
Die een is swart en nors en kwaai,
Geneig tot oproer en lawaai
Gereed om steeds te veel te vra;

Die ander, wit en rein en stil,
Gehoorsaam as die menner stuur,
En sterk om innerlike vuur
Te temper soos die Meester wil.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed