Jongste aktiwiteit:

Stef Kruger
vir

Stef Kruger

Grassade

Ek loop maar katvoet, deur my woorde.
Soos deur die bitter mooi Karoo.
Iewers skuil daar nog akkoorde.
Iewers waai ‘n rolbos vas.

Ons is maar, grassade my kind.
In die wind, verwaai my kind.

Ons is maar, grassade my kind.
In die wind, verwaai.

Ek speel op die walle van die Groot rivier.
Begrawe my drome in die sand.
‘n Sterretjie vir Kersfees, is nie veel gevra.
Noem hom sommer maar my naam.

Ons is maar, grassade my kind.
In die wind, verwaai my kind.

Ons is maar, grassade my kind.
In die wind, verwaai.

Warm warrel winde, draai en draai.
My gedagtes daarin, vasgevang.
En as ek dit eendag, daar los, kan woel.
Sal ek vir jou ‘n poskaart stuur.

Ons is maar, grassade my kind.
In die wind, verwaai my kind.

Ons is maar, grassade my kind.
In die wind, verwaai.
Oh! … Grassade my kind, in die wind verwaai.

In die wind, verwaai.

Tussen die lyne

Tussen die lyne van die gedig
Soek ek jou in die dowwe lig.
By komma-punte stil gaan staan.
By koppel-tekens aangegaan.
Jy’t net verdwyn.
Ek soek na jou.
Tussen die lyne van hierdie gedig.
Uitgeroep by vraagtekens
Tussen hakies seker gaan maak,
Tot die lyne opgetel, maar jy’t net stilweg weggeraak.
Kort-kort weer deurgelees
Kan nie glo?
Kan dit wees?
Die bladsy nog ‘n keer gedraai.
Miskien het die wind jou weggewaai.
Jy’t net verdwyn
Ek soek na jou
Tussen die lyne van hierdie gedig

Hart Se Spoor

Kruis en dwars volg ek my hart se spoor
Vas oortuig, hierdie berg moet ek oor
Voetspore le die wye wereld vol, my pad se kaart
My lewenskaart

Slaan die rigting in wat jou gaan huistoe bring
Al waai die wind ‘n wilde woeste kring
Hou koers my maat, hou koers my maat

Slaan die rigting in wat jou gaan huistoe bring
Al waai die wind ‘n wilde woeste kring
Hou koers my maat, hou koers my maat

Slaan die rigting in wat jou gaan huistoe bring
Al waai die wind ‘n wilde woeste kring
Hou koers my maat, hou koers my maat

Oor en weer het ek maar weer probeer,
Stiptelik die afstand gemeet
Opgetel wat ek halfpad verloor,
Plekkie gesoek om my pakkasie te stoor

Slaan die rigting in wat jou gaan huistoe bring
Al waai die wind ‘n wilde woeste kring
Hou koers my maat, hou koers my maat

Slaan die rigting in wat jou gaan huistoe bring
Al waai die wind ‘n wilde woeste kring
Hou koers my maat, hou koers my maat

Pennies op die Spoor

Al die boompies langs die paadjie ken ek wel.
Al die goeters word daar van my vertel.
Al die spook stories, dinge en husse met lang ore.
Die perske bome se takke hang al swaar.
Langs die spoorlyn het ek gewaar.
‘n Kiewiet in die lang gras wat raas.
Die winter was te lank

En die pennies op die spoor, het ek kleintyd verloor.
Maar die rykdom in my hart, snoesig toegemaak.

En die pennies op die spoor, het ek kleintyd verloor.
Maar die rykdom in my hart, snoesig toegemaak.

Maar ou wa kant wag oor die Klein Karoo.
Kleintyd stories wat ek glo.
Die pad predikant langs die pakhuis.
Die huis is nie meer ver.
Klippe en randjies af geëts.
Stil films, blits verby.
En Jupiter is net ‘n speldeprik gaatjie in die hemel.
En die pennies op die spoor, het ek kleintyd verloor.
Maar die rykdom in my hart, snoesig toegemaak.

En die pennies op die spoor, het ek kleintyd verloor.
Maar die rykdom in my hart, snoesig toegemaak.
Instrumenteel
Oh … En die pennies op die spoor, het ek kleintyd verloor.
Maar die rykdom in my hart, snoesig toegemaak.
En die pennies op die spoor, het ek kleintyd verloor.
Maar die rykdom in my hart, snoesig toegemaak.

Droomvanger

Die Droomvanger is reeds so vol
Dit droomspook my, tasbaar in die kol
Here God, bederf haar asseblief
want sy is my Moedertjielief
So is dit inderdaad
Haar grootste lewensraad:
dat ek trots is
dat God my God is
en my rykste erfenis
dat sy MY ma is

*

Speel speel het ek deur die veld gedraf
verby die Ouvolk en die eensame graf,
voëltjie-kan-nie-sit-nie
en die mense dans die riel,
sawens het ek toe-oog
voor my bed neergekniel.

*

Donkie-jare het ek hier verdwaal
deur die strate van my klein-verhaal,
statige kerk aan die einde van my reis
Suiderkruis het my die rigting gewys.

*

Gister se kluisenaar is vandag se grapmaker
en vandag smaak soet soos April-perske soet.
Gister was mooier as eergister
en vandag is mooier as gister
gister is verby en more sal vandag
verby wees.

*

Die son se strale ‘n swewende spinnerak
herinner my aan gister net gister is verby.
Gister was mooier as eergister
en vandag is mooier as gister
gister is verby en more sal vandag
verby wees.

*

Daardie glimlag-maan
het nou ondergegaan
en die klanke van die snare het bedaar
nou sit ek hier, sit ek en tuur
sit ek voor die kaggelvuur
en die vrede kom lê lepel
in my hart.

*

Waar die sekelmaan
kniediep in die water staan
en die winterwinde kierang om my draai
knoop ek my jas, knoop hom vas
knoop hom voor die jonkmanskas
en die wysie kom lê lepel
in my hart.

*

Hemel-blou ek wil vir jou
geluk gaan haal en om jou skouers vou.
‘n Droom verdwyn nooit
net die dromer
somer was laat vanjaar.
Reik my jou hand en stap saam met my
leen my jou luister my Blom.

*

Die reis daarheen was bitter-goed beplan
die roete duidelik gekarteer,
eenvoudige gebede keer op keer
meer en meer en meer
het ek geleer.

*

Vladderinde brawe Icarus
einde is verseker en gewis
sidderinde donker dodedans
verskroeide lewenslyn
verspeelde kans.

*

Om en om en om en om die kers
swenk en swoeg en swik die mot alom
nader al hoe nader aan die vlam
tot binne in die warm
kerswas-dam.

*

Ek vat dit dan maar dag vir dag
so een dag op ‘n slag lag-lag,
en ek wonder wat dit is en wat dit was
wat my tog so laat wag,
maar ek wil vir jou sê
dat ek jou wil hê.

*

Ek praat met jou per sms
en laat jou weet waar ek nou is my lief,
die stilte is aangrypend
en die dagbreek is so wonderbaar,
maar ek wil vir jou sê
dat ek jou wil hê.

*

Ek draai die bladsy om en haal my pen uit
om ‘n liedjie te skryf,
en ek dink so by myself
waar moet ek nog gaan delf
in hierdie lyf,
maar ek wil vir jou sê
dat ek jou wil hê.

*

Ek sleep vir jou
die Taj Mahal oor die oseaan
sover hiervandaan,
ek graveer vir jou
die uitspansel op ‘n speld se punt
aan ‘n reënboog vasgebind.

*

Ek bring vir jou
die son in my baadjiesak
asook die groot-oog maan,
ek pluk vir jou
‘n helder ster uit die hemelruim
en plant dit dan in jou tuin.

*

Die maan hou bakhand wag oor die Karoo
kleintyd stories wat ek glo,
die padpredikant langs die pad wys
die huis is nie meer ver.

*

Al die boompies langs die pad die ken ek wel
al die goeters word daar van my vertel
al die spookstories en dinge
en husse met lang ore.

*

Warm-warrel-winde draai en draai
my gedagtes daarin vasgevang,
en as ek dit eendag daar los kan woel
sal ek vir jou ‘n poskaart stuur.

*

Ek speel op die walle van die Groot-rivier
begrawe my drome in die sand
‘n sterretjie vir kersfees is nie veel gevra
noem hom sommer maar my naam.

*

Ek loop maar katvoet deur my woorde
soos deur die bitter-mooi Karoo,
iewers skuil daar nog akkoorde
iewers waai ‘n rolbos vas.

*

Bokbaai-vygies oopmaak
wolke bo jou regmaak
is dit net die plek vir my.
Kranse langs jou uitstyg
kleinheid uit jou uitryg
maak die lewe sin vir my.
Dan Verdwaal My Siel.

*

Die nagkombers toetrek
sterre-hemel ooptrek
is dit net die plek vir my.
As die melkweg konsert hou
en aandblomme oopvou
maak die lewe sin vir my.
Dan Verdwaal My Siel.

*

Somtyds as die son sak
somtyds as ek bang raak
is dit net die plek vir my.
Kleure spat in skerwe
as die dag buite sterwe
maak die lewe sin vir my.
Dan Verdwaal My Siel.

*

‘n Blombedding om my voete
laat my gedy in die koelte
laat my dan vry oor die veld
in die wind wat êrens gaan.

*

Ek hark die blare in my tuin
in hopies bymekaar
en hoop vir die ewigheid
dis vir eers nou klaar.

*

Ek stof die spinnedrade
uit my dowwe ou kop
pak my binnekamers laai vir laai
pynlik reg.

*

Ek maak my lewe aan die kant
stryk die kreukels uit,
was my hart se vensters
sodat ek daardeur kan kyk

*

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed