Jongste aktiwiteit:

HA Fagan
vir

HA Fagan

In die nag

Die nag is swart en donker rondom my.
Hier wil ek val en struikel; maar omhoog
sien ek die groot heelal wyd uitgesprei
in duisend sterre aan die hemelboog.

Was daar geen nag nie, wie het ooi vermoed
dat daar ‘n ruimte so oneindig strek
en dat die son, wat lig gee voor ons voet,
groot, verre wêrelde vir ons bedek?

Was aardse lewe net een lange dag
van vreugde, sou ons blik dan ooit sy glans
deurdring het tot die helder sterreprag
wat skitter aan die ewigheid se trans?

Geluk is soos die sonlig, wat verblind;
ons moes die hemel in on droefheid vind.

Ek het ‘n huisie by die see

Ek het ‘n husie by die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen die glowe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.
Ek hoor die winde huil – ‘n kreun, ‘n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in graf en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.

My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite,
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hierbinne is dit veilig, warm en dig.

Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan –
dit is ‘n rots waarop my huisie staan.

“Nkosi Sikelel’ I-Afrika”

Uit duisend monde word die lied gedra.
Ek sluit my oë; soos ‘n serafskoor
val daardie stemme strelend op my oor.
“Nkosi Sikelel’ I-Afrika” –
Ons vra U seen, o Heer, vir Afrika.
Ek kyk, en sien die skare voor my staan:
Zoeloe en Kosa, Soeto en Sjangaan,
en ek, ‘n Blanke – vele volkre, ja –
almal verenigd om Gods seen te vra,
want die Aalwyse het ons saam geplant
en saam laat wortel in Suid-Afrika.

“Nkosi Sikelel’ I-Afrika” –
Seen, Heer, die land wat vele volkre dra

Ek het geswerwe oor die oseaan

Ek het geswerwe oor die oseaan
by eilande van droefheid en geluk;
ek het die winde aan die seil sien ruk,
die golwe skuimend teen die boeg sien slaan.

Hoe het my boot nog steeds sy weg gevind?
Hoe het dit altyd nog vooruitgebeur
teen magte wat dit her- en derwaarts sleur,
teen noodlot en teen toeval – stroom en wind?

Daar is – ek sien dit, o, so duid’lik nou –
‘n sterker hand as myne aan die stuur,
‘n oog wat helder deur die newels tuur,
‘n wysheid wat onfeilbaar koers kan hou.

Nou net een poort nog! – Troue Stuurman, bly,
en laat my sagkens deur die branding gly.

Waar troon die magte wat oor my regeer?

Waar troon die magte wat oor my regeer,
my harklop en my ademtogte beheer,
die bloedstroom deur my are stuur,
die brein sy prente gee wat vorm en weer verdwyn?

Waar kom die drifte en hartstogte vandaan
wat ongenooid my poorte binnegaan
en in my heiligste gedagtekring
na eie lus en willekeur kan dring?

Ek, mens, wat met my kennis en my mag
die skepping wil omvat, en hunkrend smag
om aarde en hemel, tyd en ewigheid
te ontleed, ja, wat in my vermetelheid

wil strewe om selfs die Godheid uit te pluis –
ek is geen meeste in my eie huis

Op Knysna-strand

Daar is ‘n kuil
‘n holte in ‘n rotsbemuurde strand,
waarin die branders ewig speol en dreun,
en in die mond van dièspelonk, daar skuim
en kook die water wild en woes, asof
die ganse oseaan wil binnedring.
Met stormgeweld op hul kerkermure toe,
en teen die rotsgewelwe druis en kraak
die felle branding – waar dit breek, en dan,
gestuit, verpletter, tot die afgrond keer
en daar verlore gaan

Ek ken ‘n siel
Nog ruimer as die oseaan, waarin
oneidige gedagtes bruise n woel,
en met die felheid van ‘n stormgety,
‘n uitkoms soek in enge digtertaal;
maar ag, te groot vir mensewoorde, sink
dit in die stille dieptes wees terug
waar dit gebore is.

Ekstase

Donker jou oë
helder die glans
wat in jou lag
oor hul spieëlvlakte dans –

toow’rend . . . maar nee,
‘k wil hul diepte verstaan;
kyk my dan vas,
kyk my ernstig aan.

So! – Wat ‘n wonderruim
word my ontvou:
peillose liefde
perklose trou.

Het jy my gister
spotlaggend vermy?
Stoot jy my môre
weer smadend opsy?

Ag, wat kan gister
of môre my skeel?
Nou is jy myne,
en myne geheel –

Myne die dieptes
en al wat dit hou:
volheid van liefde,
volheid van trou

Daar kan verlede
en toekoms versink;
drink dan, en sterwe,
en sterwende drink!

Een liefdesoomblik
verswelg alle tyd;
dit is genoeg –
dit is ewigheid

OUBOETA.

Windjie, jy kom oor die groot blou see —
bring jy groete van Ouboeta mee?
Ouboeta sit aan die ander kant,
vèr, alleen in ’n vreemde land.
Weelde en kuns kan hy daar aanskou,
die grootste prag wat die wêreld hou;
maar dit weet ons goed, dat sy hart nog sug
na ons vrye veld en ons helder lug.
Tog moet hy daar onder vreemde bly
om kennis te win en ervaring te kry,
tot die jare verby is, die leertyd om —
wat sal ons groots wees as Boeta weer kom!
Windjie wat waai oor die groot blou see,
bring jy ook groete van Ouboeta mee?

Windjie, waai nou maar weer weg oor die see,
en dra ons groete aan Ouboeta mee;
voer in jou vlug na die ander sy
die geur van die blomme wat bloei in die vlei,
van varings wat bo teen die bergrand staan,
van vrugte, van druiwe, van goudgeel graan.
Hy sal jou boodskap verstaan, want hy weet
dat alles verlang om hom welkom te heet.
Sy ryperd staan in die stal te treur,
sy hondjie hou wag by sy kamerdeur.
Maar die jare vervlie en sy leertyd gaat om —
ag, wat ’n vreugde as Boeta weer kom!
Windjie, waai vèr oor die groot blou see,
en dra ons groete aan Ouboeta mee.

SOOS DIE WINDJIE WAT SUIS.

Soos die windjie wat suis oor die velde,
met geure van lente bevrag —
is die hoop wat kom fluister van arbeid en stryd
en die sege wat wag.
Soos die dorre geruis in die najaar
van blare wat val en vergaan —
die verwytende stem van geleentheid verspeel,
en van dade wat sterf — ongedaan!




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed