Jongste aktiwiteit:

Dronk op ʼn Fiets met ʼn twist!
vir

Dronk op ʼn Fiets met ʼn twist!

 

‘’ Naand Gert ek sien die weer maak bietjie ligte daar oor die weste, lyk of ons vanaand bietjie reën gaan kry, is hoeka ook tyd dat daar so ʼn bietjie lafenis kom uit die hemel uit! ’’

‘’ Ja pa Cobus ons het dit nodig, die veld is vrek en die beeste soek bietjie groenigheid .’’

‘’ Ek sien jou Vandisie geld was maar skraps die week, lyk my die beeste soek bietjie lek, en dan sal die groen gras ook die gewig op bring, vir ʼn beter prys.  ’’

‘’ Nou Gert as ek vanmiddag so staan en kyk, sien ek dat Johannes se fiets is heel in sy donderse peetjie in, en ons het hoeka net die ander dag die ding loop koop, en dit werk nie so nie, ek kan nie net loop  koop en koop nie. ‘’

‘’ Toemaar Pa!  dit is my skuld, en die ander fiets sal uit my sak uit kom, want ek het die fiets so loop stamp!

‘’ Verdomp Gert dan se jy dit nog, ek veeg jou sommer, jy is hoeka nie te oud om pakslae van my te kry nie, wat het jy nou weer die keer loop doen. ‘’

Johannes moes die Beeste van die klein kamp daar naby Ventersdorp na die vandisie toe jaag, en is hier vroeg weg die more en ek kry hom toe daar by die Vandisie nadat hy die beeste aan gejaag het!

‘’ Toe  ry jy verdomp oor sy fiets Gert!

‘’ Nee Pa! Dit is na die Vandisie wat dit gebeure het!

‘’ Gert nou loop en maak jy my sommer kwaad, wat het gebeur julle moes mos net die fiets op die trokkie gesit het, of was julle weer heel gesuip, ek se jou die gesuipery moet end kry dit kos net geld!

‘’ Ja pa!

‘’ Ja Pa wat Gerhardus!

Ek sal my drinkery stop en vir Johannes ʼn fiets koop uit my geld uit!

‘’ Jy gaan nie so maklik weg kom nie Gert, die storie moet uit want ek is nou sommer heel bebliksemd in vir jou gemors wat jy aanvang, wat het gebeur toe, toe kom nou uit met dit, voor ek die sambok loop kry. ’’

Ek het Johannes op gelaai en in Ventersdorp eers gestop en ʼn drankie gedrink sommer ook vir Joannes een gegee, en toe drink ek nog ʼn paar, toe ek uit kom is Johannes met fiets en al weg.

‘’ Nou waar het jy die fiets dan loop trap!

‘’ Toe ek huis toe kom Pa!

‘’ Hier by die huis dan was jy weer heel tussen die blare in gewees, nee man Gert. ‘’

‘’ Was op die pad Pa, net hier voor die pad waar ons afdraai’, toe sien ek die man op ʼn fiets en ek wil hom verbysteek toe ry hy voor my in en toe stamp ek hom. ‘’

‘’ Vir wie dan Gert, jy kom nou met sulke draaie uit, wat het gebeur!

Nadat ek hom gestamp het Pa toe sien ek die fiets lê daar, en sien niemand daar in die pad nie toe gooi ek die fiets op die trokkie en kom toe huis toe Pa!

En toe los jy die verdomde man net daar, ek kan nie glo ek het ʼn man soos jy groot gemaak nie!

‘’ Nee Pa dit is dat ek by die eerste hek kom wil ek uit klim, toe spring Johannes van die Trokkie af , en bedank my omdat ek hom opgetel het, en hy maak die hek toe oop. ‘’

‘’ Jy weet jy moet uit my hare kom vanaand,  gaan klim in jou bed,  want ek wil jou nou sommer te lyf gaan sies man, hoe kon jy so verdomp optree. hoe het hy dan op die Trokkie gekom as ek mag vra Gert!

‘’ Toe ek die man stamp toe sien ek nie hy trek oor die bakkie en val agter op die klomp strooi wat daar lê nie, en dit is hoe hy op die bakkie gekom het Pa!

Verdomp loop slaap nou want ek vlieg jou sommer in!

‘’ He! He! Die verdomde Johannes kom se ook niks, want hy was seker net so getrek die blikskottel! ’’




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed