Jongste aktiwiteit:

Arme Foksie sal nie leer nie!
vir

Arme Foksie sal nie leer nie!

 

‘’ Naand Stefaan  kan ek vir jou n warm koppie koffie skink die weer wil ons die jaar glad nie verlaat nie ‘’

‘’ Ja Gesina  ons kan dankbaar wees die perskes gaan mooi wees ‘’

‘’O! Hier is jy Sanet  dog jy is al in die bed ‘’

‘’ Jy weet wat het dog gedoen Gesina  gedog dit is ʼn wind toe skuit hy in sy broek, ek kom kyk net na die arme brak wat hier onder die stoof lê en sy wonde lek!

Ja wie weet wanneer hy ooit sal leer om nie die Ystervarke aan te val nie, net ʼn week terug was hy net so vol penne en Stefaan moes omtrent twee ure vat om die penne met ʼn warm sak op die vel uit te trek!

‘’ Arme Vlekkie hy is seker al voos gesteek Gesina  dit lyk darem of hy gou regkom na die aanval. ‘’

‘’ Jy praat van aanval Sanet  hy het nie ʼn einde nie, in my lewe het ek nog nooit ʼn meer dommer hond as hy gesien nie, maar min is so braaf as pa se hond!

‘’ Stefaan maak sy keel skoon en dan se hy!

‘’ Ek loop die ander dag en soek ʼn rooibok Sanet  toe ons op ʼn Ystervark afkom wat rond snuffel in die soetdoring wortels vir ʼn sappige wurm of iets, Flekkie laat nie op hom wag nie, en spring sommer pens en pote op die vark en val net aan, gun die verdomde vark nie eers sy ontbuit nie!

‘’ En het die vark hom toe vol penne gesteek Stefaan  Jy vra nog! ek gryp die verdomde brak en kry sommer self ʼn pen in my hand toe ek die  bakleiery wil stop sit.

Vererg pluk ek die penne uit Flekkie dat hy so hart Tjank Dat Gesina  dink ek maak die arme hond vrek in die bos!

‘’ En die pen in jou hand Stefaan  het jy dit ook net uit gepluk!

Ja dit was gelukkig nie so diep in as met Flekkie nie, en dit is dat ek sommer huis toe kom en die hond in die waenhuis toe maak, en toe loop soek vir ʼn Rooibok.

‘’ Nou die keer wanneer het dit gebeur Stefaan  want dit lyk of hy die keer omtrent meer penne in hom gehad het as die Ystervark ‘’

‘’ Ja Sanet  soos ek gesê het die verdomde hond is so verbrands astrant en dom, onthou nie die penne wat hy die vorige dag in die lyf gehad het nie, maar toe hy die aand uit die Waenhuis kom vat hy kortpad reguit veld toe, en loop soek die verdomde Ystervark en baklei vir lewe of dood met die Ystervark.

Dit was twee mores terug, dat ma die hond hoor tjank by die agter deur, en oop maak, mens kon nie sien wie is Vark of wie was brak nie gelukkig is die Vark toe dood en dit is dat Flekkie so uit die penne tjank dat Gesina my roep om die hond bietjie warm sak liefde te gee, die keer het ek darem die penne sagkens uit getrek!

Siestog Tannie se honde !

Ja my Oorle pa het my ook vertel van die Foxy wat hulle gehad het wat die selfde nygings gehad het dit lyk my dit loop so in die bloedlyn.

Herde Stefaans wat vertel jy my dit is seker maar ʼn blond hond die.

Ja maar ons is maar lief vir die Blond Hond van ons Sanet.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed