Jongste aktiwiteit:

Kinderliedjies
vir

Kinderliedjies

Aai aai die witborskraai

Aai aai die witborskraai,
hiervandaan na Mosselbaai.
Hooggevlieg en laaggeswaai,
by die groot see omgedraai

Raai, raai Janpiet Kepaai,
het sy rietgeweer gelaai.
Tier gaan skiet by Mosselbaai,
nooit nie weer daar omgedrai.

Fooi, fooi, Stefaans du Toit,
het gaan kuier by n nooi.
Met sy rietperd in die Baai,
dadelik weer daar omgedraai.

Afrikaners is plesierig

Afrikaners is plesierig dit kan jy my glo,
hulle hou van partytjies en dan maak hulle so:
Eers draai die ou vroutjie en dan draai haar ou man
en hy vat haar om haar lyfie en dan draai hulle saam.
Goeienag, my ou vroutjie, goeienag, my ou man!
Oor ‘n week ‘n partytjie, en dan draai ons weer saam.

Al lê die berge nog so blou

Al lê die berge nog so blou,
al lê die berge nog so blou,
al lê die berge nog so blou,
haar woorde sal ek steeds onthou.

Maar die moet julle darem weet,
maar die moet julle darem weet,
maar die moet julle darem weet,
haar woorde sal ek nooit vergeet.

Nou gaan sy weg met ‘n lekker hart,
nou gaan sy weg met ‘n lekker hart,
nou gaan sy weg met ‘n lekker hart,
hier sit ek nou in pyn en smart.

Al woon my bokkie nog so ver,
al woon my bokkie nog so ver,
al woon my bokkie nog so ver,
dan troos ek my aan die môrester.

Bennie Boekwurm

Ek is die speelkamer se Bennie,
daar is geen storie wat ek nie ken nie.
Hier in my huisie onder die grond,
staan die boeke oral rond.
Bo-op die lessenaar en op die rak,
dis boeke hier tot reg teen die dak.

Ek is die speelkamer se Bennie,
daar is geen storie wat ek nie ken nie.
Stories vertel dis waarvan ek hou,
as hulle roep gaan ek tog gou.
Al met die tonnel langs moet ek hou,
en bring ‘n storie net vir jou

Want ek is die speelkamer se Bennie,
daar is geen storie wat ek nie ken nie.

Bobbejaan klim die berg

Bobbejaan klim die berg, so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg, so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg om die boere te vererg.
Hoera vir die jollie bobbejaan!
O moenie huil nie, o moenie treur nie,
die Stellenbosse boys kom weer.
O moenie huil nie, o moenie treur nie,
die Stellenbosse boys kom weer.

Daar kom die Alibama

Daar kom die Alibama, die Alibama die kom oor die see.
Daar kom die Alibama, die Alibama die kom oor die see.
Nooi, nooi, die rietkooi, nooi, die rietkooi is gemaak,
die rietkooi is vir my gemaak om daarop te slaap.
Nooi, nooi, die rietkooi, nooi, die rietkooi is gemaak,
die rietkooi is vir my gemaak om daarop te slaap.
Die Alibama, die Alibama, die Alibama kom oor die see.
Die Alibama, die Alibama, die Alibama kom oor die see.

Daar kom die Alibama, die Alibama die kom oor die see.
Daar kom die Alibama, die Alibama die kom oor die see.
Die Alibama, die Alibama, die Alibama kom oor die see.
Die Alibama, die Alibama, die Alibama kom oor die see.

Die Blinkvos perd

O, ek het ‘n perd, ‘n blink vosperd met ‘n splinternuwe saal;
en ek klim op my perd, my blink vosperd, en ek kom om jou te haal.
Want jy’t gesê as ek jou wil hê dan moet ek jou kom haal
op ‘n mooi ryperd, ‘n blink vosperd, met ‘n splinternuwe saal;
op ‘n mooi ryperd, ‘n blink vosperd, met ‘n splinternuwe saal.

En nou’t ek ‘n nooi, ‘n mooie nooi en een ding is maar klaar:
is die oes eers verby, saal’k op en ry met my blink vosperd na haar
om haar te vra om met my te trou, my vosperd blink mos mooi.
Op ‘n flink galop ry ek na haar, sy’s my plaas se nuwe nooi;
op ‘n flink galop ry ek na haar, sy’s my plaas se nuwe nooi.

En nou’s ons getroud en het ‘n span van twaalf groot seuns as kroos;
en elkeen wil nou ‘n vosperd hê om ‘n nooi’ntjie te gaan troos!
Ag luister tog na goeie raad: as jy ‘n vosperd kry,
ry dan liewer rond op jou eie plaas waar jy nooi’ntjies kan vermy;
ry dan liewer rond op jou eie plaas waar jy nooi’ntjies kan vermy!

Die Dapper muis

Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis,
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang,
nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En sê nou daar’s ‘n kat!
Oe, ‘n kat!
Ja, ‘n kat met ‘n huis wat altyd hunker na ‘n muis.
Ag nou ja!
Buiten vir ‘n kat, is daar niks waarvoor ek skrik nie.

Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis,
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang,
nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En sê nou daar’s ‘n valletjie
Oe, ‘n valletjie!
Ja, ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal.
Ag nou ja!
Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie,
is daar niks waarvoor ek skrik nie.

Ek’s ‘n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis,
en daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang,
nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.

En sê nou daar’s ‘n uil.
Oe, ‘n uil!
Ja, ‘n uil van wie muise altyd skuil.
Ag nou ja!
Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie en ‘n uil,
is daar niks waarvoor ek skrik nie.

En wat van ‘n lawaai, soos ‘n haan wat kraai,
en ‘n gebr /eek en ‘n gekraak en iets wat tjiep-tjiep maak.
En ‘n geklingel en ‘n getingel en ‘n gekletter en ‘n geknetter,
en ‘n boems en ‘n kardoems.

Waar’s jy?

O – buiten vir ‘n kat met ‘n gryns wat altyd hunker na ‘n muis
en ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal
en ‘n uil in die nag wat vir muise sit en wag
en ‘n huis met ‘n lawaai soos ‘n haan wat kraai.
‘n Gebr /eek, ‘n gekraak, iets wat tjiep-tjiep maak.
‘n Getjingel, ‘n getingel, ‘n gekletter, ‘n geknetter
en ‘n boem en ‘n kardoems
Oe-eee!
Is daar niks waarvoor ek skrik nie.

Jy Jok!

Die kat kom weer

Maar die kat kom weer want hy wil nie langer wag.
Die kat kom weer net die volgende dag.
Die kat kom weer, glo dis waar,
die anderdag môre was die kat weer daar.

Maar die kat kom weer want hy wil nie langer wag.
Die kat kom weer net die volgende dag.
Die kat kom weer – glo my dis waar,
die anderdag môre was die kat weer daar.

Die lappop

Iemand het ‘n lappop op ‘n ashoop weggegooi,
sy was gedaan en stukkend,
verbleik en nie meer mooi nie.
Op die ashoop hoor sy stemme praat
en die verwelkom haar.
Maar o, ellende, toe sy kyk,
wat sien die lappop daar.

KOOR:
net ‘n vrot pampoen en ‘n stukkend skoen,
‘n grammefoonplaat en ‘n kous sonder maat,
net ‘n leë bottel bier en verlepte angelier,
‘n gelapte binneband en ‘n ou koerant.

Ag hoe droewig voel die lappop,
toe sy alleen daar le,
want sy weet dat niemand ooit vir haar
vir lappop weer wil he nie.
‘n Traan loop oor haar lappop wang
want dit begin te reen
en daar lê sy, sy ou lappoppie
op die ashoop so alleen.

(KOOR)

Ag nee wat sê die lappop,
ek soek ‘n ander oord.
Wat sal die wêreld van my dink,
want soort jy weet, soek soort.
Ag almal wil vir lappop troos
en soebat sy moet bly,
hulle sê dis die mooiste ashoop die
wat ‘n mens nog ooit kan kry.

(KOOR)

Al die goeters op die ashoop hou gou vergadering
en besluit om lappop te bekroon,
as die ashoop koningin.
Van toe af bly die lappoppie so trots tevrede daar
en al haar onderdane bedien getrou vir haar.

ja …….

Koor

Die padda wou gaan posit

Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, ahum
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, ahum
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei
Maar ‘n opsitkers kon hy nêrens kry,
ahum, ahum, ahum

Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur, ahum
Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur, ahum
Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur
Die vuurvlieg sê toe ja teen ‘n sent ‘n uur,
ahum, ahum, ahum

Die twee loop toe af na die nooi se huis, ahum
Die twee loop toe af na die nooi se huis, ahum
Die twee loop toe af na die nooi se huis
Die huis in die vlei van Mejuffrou Muis,
ahum, ahum, ahum

Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen, ahum
Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen, ahum
Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen
moes hy hierdie ontstellende nuus verneem,
ahum, ahum, ahum

Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis, ahum
Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis, ahum
Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis
Hy sou moes opsit saam met Padda en sy muis
ahum, ahum, ahum

Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, ahum
Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, ahum
Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur
Want ‘n opsitkers teen ‘n sent ‘n uur
en ‘n luistervink daarby is gans te duur
ahum, ahum, ahum

Dis Heerlike Lente

Dis heerlike lente, die winter’s verby;
weer nooi berg’ en klowe vir jou en vir my.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.
Die vroe-, vroee more het goud in die mond.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

Haasdas se nuuskas

KOOR:
Ons kyk na Haas Das se nuuskas – vroegaand net na 6
Ons kyk na Haas Das se nuuskas – dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas – groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland br /ing Haas Das vanaand

Hasie kwas, die groot lawaai hardloop dat dit kraak
Maar Skillie het die geelwortels oor sy pad gesaai
Hasie eet hom trommeldik en raak toe aan die slaap
En Skillie word organiseerderskorps se eerste kandidaat

[ KOOR ]

Groot Oom Slapoor Olifant het ‘n créche begin
Waar al die dierekindertjies saam kan speel en sing
Maar die stoute apies het vir dae lank geraai
Sou hulle aan Oom Olifant se slurp of stertjie swaai

[ KOOR ]

Piet Muis het die laat berig haastig ingebr /ing
Die stoeigeveg op Leeupark is nou net die ding
Droster, die renoster het vir Krokkie uitgedaag
En niemand weet Ou Krokodil gaan ‘n masker dra

Hasie

Jou bruinoog nooi, jou donkerkop,
jou pannekoek, jou lolliepop.
Jou toetsie-toet, jou sonnestraal,
vir jou kom ek nog haal.
Jou suikerriet, jou witbeskuit,
jou meebosstroop, jou moskonfyt.
Jou heuningnes, jou vleispastei,
vir jou wil ek nog kry.

REFREIN:
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Wat het van jou stertjie geword?

Jou appeltert, jou mielieblaar,
jou tortelduif, jou koringaar,
Jou sak vol goud, jou diamant,
O, ek is aan die br /and.
O, dadelpit, jou suikerbos,
jou soetpatat, jou kerriekos,
Jou lekker ding, jou hartedief,
vir jou is ek so lief.

(REFREIN)

Jou spinnekop, jou akkedis,
jou sprinkaanvoël, jou koue vis,
Jou bitterwyn, jou kittelaar,
ek slaan jou inmekaar.
Jou pikswart slang, jou suurlemoen,
jou heksekind, jou skerpioen,
Jou krokkedil, jou wilde hen,
jou liefde wil ek wen.

(REFREIN)

Hansie slim

Hansie slim, berg wil klim, in die wye wêreld in,
stok en hoed pas hom goed, hy is vol van moed.

Maar die moederhart is seer,
Hans is in die huis nie meer,
hoor nou net, moeder sug,
hardloop gou-gou terug.

Heidi

Ho-la-di-hou, Ho-la-di-hou

Heidi, Heidi, jou wêreld is in die berge.

Heidi, Heidi, dis jou tuiste en jou geluk.

Donker bome, groene veld in die sonneskyn.

Heidi, Heidi, laat jou glimlag nooit verdwyn.

Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho,
Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho,
Jo-le-he, Jo-le-he-he-ho.

Heidi, Heidi, kom tog gou, bring geluk,
ons verwelkom jou terug.

Jy woon daar in die berge, ‘n kleine paradys.
Jou vriende is die diere, jul lag en speel so bly.

Van lente tot die somersdag sal almal op jou wag.
Jou liefde is so rein en mooi, nou gloei die Alpe rooi.

Heidi, Heidi, speel met Peter en Josef.

Heidi, Heidi, wys vir Snoekie die hemelblou.

Sonskyn, dae, in die berge van Switzerland.

Heidi, Heidi, jy bly ons lieflingskind.

Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho,
Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho, Jo-le-di-ho,
Jo-le-he, Jo-le-he-he-ho.

Heidi, Heidi, kom tog gou, bring geluk,
ons verwelkom jou terug.

Jan Pierewiet

Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, staan stil.
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, staan stil.
Goeie môre my vrou, hier’s ‘n soentjie vir jou.
Goeie môre my man, daar is koffie in die kan.

Liewe Heksie

Wie is liewe Heksie,
wie wil nog graag weet,
luister na haar liedjie,
dan sal jul nie vergeet.

Hulle noem my Liewe Heksie,
maar Lefienja is my naam,
ek’s die slimste heksie wat ek ken
en ek was al op die maan.

Matewis is my maatjie,
hy’s die mooiste baba kat,
ek weet nie wat hy sê nie,
maar hy’s ‘n liewe skat.

Waar woon Liewe Heksie
en hoe lyk haar huis,
waar al haar vriende saam kom,
in haar sterretjie kombuis.

Ek en Blommie kabouter,
woon in Blommeland so mooi,
as ‘n gifappel die silwer roos wil vat,
word hy in die tronk gegooi.

Ons het ‘n vriend so deftig,
wat kom kuier uit die stad,
hy’t ‘n kuil en ‘n helikopter
en sy naam is Karel kat.

Ons het ‘n gawe Koning,
al kan hy vir ons br /om,
sy naam is Koning Roos se Krans
en ons is lief vir hom.

Nou ken jul Liewe Heksie,
die wat graag wil weet,
jul ken nou ook haar liedjie
en sal dit nie vergeet.

Môre Oompie, môre Tannie

Môre Oompie, môre Tannie, waar is Sannie dan?
Sannie het gaan water haal daar onder by die dam.
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!

My Sarie Marais

My Sarie Marais is so ver van my hart,
maar’k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
nog voor die oorlog het begin.

O br /ing my t’rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.

My hartjie, my liefie

My hartjie, my liefie, die son sak weg,
die son sak weg, die son sak weg.
My hartjie, my liefie, die son sak weg,
daar onder by die blou berge.

En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
Sy is so mooi en so liefies vir my.
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
daar onder by die blou berge.

My hartjie, my liefie, die maan kom op,
die maan kom op, die maan kom op.
My hartjie, my liefie, die maan kom op
daar onder by die blou berge.

En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
Sy is so mooi en so liefies vir my.
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
daar onder by die blou berge.

My hartjie, my liefie, die maan sak weg,
die maan sak weg, die maan sak weg.
My hartjie, my liefie, die maan sak weg
daar onder by die blou berge.

En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
Sy is so mooi en so liefies vir my.
En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
daar onder by die blou berge.

Ou Tante Koba

Ou tante Koba, sy was so dom,
sy roer haar koffie met haar groottoon om.
Tierieriera dierie rampampa
Tierieriera dierie rampampa

Pinnochio

Pi-no-chio, Pi-no-chio

Hout kabouter, jy’s ‘n stouter,
jy laat jou tog so maklik vang.
en raak dan altyd vreeslik bang,
jou klein kalant.

Wie’s jou maatjie, plat voet vaatjie,
haar naam is Gina en sy kwaak.
As jy vir haar dit moeilik maak,
jou klein kalant.

Pi-no-chio, Pi-no-chio

Ou Gi-pe-to, kyk net hierso,
jou seuntjie is ‘n marionet.
Hy’s baie lief en baie pret,
die klein kalant.

Gulietta, sy kan so kla,
maar soos ons almal sien sy gou.
Sy’s baie lief vir Pinochio,
die klein kalant.

Pi-no-chio, Pi-no-chio

Houtkop kindjie, nuutste seuntjie,
wat jou mannewalis met ons deel.
Jy het ons harte weggesteel,
jou klein kalant.

Pi-no-chio, Pi-no-chio

Saai die waatlemoen

Saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen!
My mamma roei die skuitjie,
my pappa blaas die fluitjie,
my boetie draai die orreltjie,
saai die waatlemoen!

Skoenmaker

Skoenmaker, skoenmaker wat sal ek doen,
my groottoon steek skoon uit by my skoen.
Hier bring ek my skoen vir jou,
sal Meneer dit regmaak, gou gou gou.
Ja ja
Met my hammer en my spyker sal ek dit doen.
Tik tak tik op jou stukkende skoen.
Tik tak tak en dit is reg,
1, 2, 3 en jy is weg.

So lank as die rietjie

Solank as die rietjie in die water lê,
in die water lê, in die water lê.
Solank as die rietjie in die water lê,
blommetjie gedenk aan my

En ek vat haar aan haar handjie,
lei haar om die randjie,
blommetjie gedenk aan my!

Solank as die rietjie in die water lê,
in die water lê, in die water lê.
Solank as die rietjie in die water lê,
blommetjie gedenk aan my.

En ek vat haar om haar nekkie,
soen haar op haar bekkie,
blommetjie gedenk aan my!

Solank as die rietjie in die water lê,
in die water lê, in die water lê.
Solank as die rietjie in die water lê,
blommetjie gedenk aan my.

So ry die trein

So ry die trein, so ry die trein, die Kimberley se trein.
So ry die trein, so ry die trein, die Kimberley se trein.
Hoor daar hoe stoom hy, stoom hy, stoom hy,
opdraand en afdraand, Kimberley se trein.

Suikerbossie

Suikerbos ek wil jou hê,
Suikerbos ek wil jou hê,
Suikerbos ek wil jou hê,
wat sal jou mamma daarvan sê.

Dan loop ons so onderdeur die maan,
dan loop ons so onderdeur die maan,
dan loop ons so onderdeur die maan,
ek en my suikerbossie saam.

Sy kan nie kos kook nie, haar kos is rou;
sy kan nie brood bak nie, haar brood is brou;
sy kan nie tee maak nie, haar tee is flou;
tog wag ek Suikerbossie net vir jou.

Tjoeke tjoeke paf

Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf
Kyk hoe ry ons op die baba trein
Opdraend op, afdraend af
Tjoeke paffe paffe op ‘n stywe draf.

Magie rond en oë rek
As hy waentjies rond moet trek
Sug en steun en swoeg so swaar
Maar hy’s nou-nou amper daar.

Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf
Kyk hoe ry ons op die baba trein
Opdraend op, afdraend af
Tjoeke paffe paffe op ‘n stywe draf.

Mamma-stasie wag vir hom
Dat hy gou moet huis toe kom
Steenkoolbr /edie moet hy eet
Dit is goed vir sy dieët.

Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf
Kyk hoe ry ons op die baba trein
Opdraend op, afdraend af
Tjoeke paffe paffe op ‘n stywe draf.

Hy is poegaai rond gery
By die dorp en plaas verby
Hy gaan gou-gou stoom afblaas
Dan maak hy ‘n groot geraas.

Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf
Kyk hoe ry ons op die baba trein
Opdraend op, afdraend af
Tjoeke paffe paffe op ‘n stywe draf.
Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf
Kyk hoe ry ons op die baba trein
Opdraend op, afdraend af
Tjoeke paffe paffe op ‘n stywe draf.

Trippe Trappe Trone

Trippe trappe trone,
die varkies in die bone,
die koeitjies in die klawer,
die perdjies in die hawer,
die eendjies op die waterplas,
die gansies op die groene gras,
eendjies in die waterplas,
ek wens dat kindjie groter was
om al die diertjies op te pas.

Vader Jakob

Vader Jakob, Vader Jakob,
slaap jy nog? Slaap jy nog?
Hoor hoe lui die kerkklok,
hoor hoe lui die kerkklok:
Ding dong del! Ding dong del!

Vanaand gaan die volkies koring sny

Vanaand gaan die volkies koring sny, koring sny,
en vanaand gaan die volkies koring sny, koring sny.
My geliefde hang in die bos,
my geliefde hang in die bos,
my geliefde hang in die bitterbessiebos.

Vat jou goed en trek

Vat jou goed en trek, Ferreira, vat jou goed en trek!
Agter die bos is ‘n klompie perde, vat jou goed en trek!
Swaar dra, al aan die een kant,
swaar dra, al aan die een kant,
swaar dra, al aan die een kant,
Jannie met die hopel been!

Wielie wielie walie

Wielie-wielie-walie,
die aap sit op die balie.
Tjoef-tjaf val hy af.
Wielie-wielie-walie.

Kyk hoe swaai hy draai hy
klim hy op dan val hy af.
Kyk hoe swaai hy draai hy
tjoef-tjaf val hy af.

Wielie-wielie-walie,
die aap sit op die balie.
Tjoef-tjaf daar val hy af.
Wielie-wielie-walie.

Jesus liedjies

Stap soldaatjie

Ek is nie ‘n stap soldaatjie nie,
‘n ry soldaatjie nie,
‘n vlieg soldaatjie nie.
Ek is nie ‘n skiet soldaatjie nie,
maar ek is Jesus se soldaatjie, ja meneer.

Ek is Jesus se soldaatjie, ja meneer
Ek is Jesus se soldaatjie, ja meneer

Ek is nie ‘n stap soldaatjie nie,
‘n ry soldaatjie nie,
‘n vlieg soldaatjie nie.
Ek is nie ‘n skiet soldaatjie nie,
maar ek is Jesus se soldaatjie, ja meneer

Al was ek nie daar nie

Al was ek nie daar nie – ek weet dit is waar,
die krip en Maria met die kindjie by haar.
Dis asof die engel die boodskap nog bring,
van Jesus Sy vrede wat harte laat sing.

Al kan ek Hom nie sien nie – tog weet ek Hy’s daar,
omdat ek God se liefde in my lewe ervaar.
O kom nou, Here Jesus en maak my hart skoon,
dat U ook as Koning in my kan woon.

Daar’s vissies in die water

Daar’s vis-sies in die wa-ter, kyk hoe swem hul rond;
daar’s voel-tjies in die lug en daar’s diere op die grond;
daar’s blomme in die vel-de, daar’s rie-te i die vlei.
Wie sou dit al’s gemaak het? Die Here, ja, dis Hy!

Ek wandel in die lig van God

Ek wandel in die lig van God.
Ek wandel in die lig van God.
Ek wandel in die lig,
ek wandel in die lig,
ek wandel in die lig van God.

Dit borrel in my

Dit borrel in my want ek is so bly,
Jesus het my lief.
Vir my’t Hy gesterf en gered van verderf
Ja, Jesus het my lief

Dit borrel in my want ek is so bly,
Jesus maak my lewe vry.
Hy neem weg my sondeskuld,
dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel,
dit borrel, dit borrel in my, in my.
Dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel,
dit borrel, dit borrel in my.

Hy hou die Hele Wêreld

Hy hou die hele wêreld in Sy hand,
Hy hou die hele wêreld in Sy hand,
Hy hou die hele wêreld in Sy hand,
Hy hou ons almal in Sy hand.

Hy hou vir pappa en vir mamma in Sy hand,
Hy hou vir pappa en vir mamma in Sy hand,
Hy hou vir pappa en vir mamma in Sy hand,
Hy hou ons almal in Sy hand.

Hy hou vir boetie en vir sussie in Sy hand,
Hy hou vir boetie en vir sussie in Sy hand,
Hy hou vir boetie en vir sussie in Sy hand,
Hy hou ons almal in Sy hand.

Lees jou Bybel

Lees jou Bybel, bid elke dag, bid elke dag, bid elke dag.
Lees jou Bybel, bid elke dag,
want dit gee jou krag.
Want dit gee jou krag,
want dit gee jou krag.
Lees jou Bybel, bid elke dag,
want dit gee jou krag.

Loof Hom met die tromme

Loof Hom met die tromme, loof Hom met die harp,
loof Hom met die klinkende simbale.
Alles wat asem het loof, loof die Here.
Alles wat asem het loof, loof die Heer.

Prys Hom met jul stemme, prys Hom uit die hart,
prys Hom in die hemel en op aarde.
Alles wat asem het, loof, loof die Here.
Alles wat asem het, loof, loof die Heer.

My God is so groot

My God is so groot, so sterk en so magtig
daar’s niks wat my God nie kan doen!
My God is so groot, so sterk en so magtig
daar’s niks wat my God nie kan doen!
Die berge maak Hy,
die riviere daarby,
die see en alles daarin.
My God is so groot, so sterk en so magtig
daar’s niks wat my God nie kan doen!

Stille nag

Stille nag, heilige nag!
Jesus kind, lank verwag.
Lig uit lig, uit die vader se ryk.
Word uit liefde aan mense gelyk.
Loof die hemelse kind.
Loof die hemelse Kind!

Wie’s die koning

Wie’s die Koning van die oerwoud;
(hoe-ha, hoe-ha / slaan op jou borskas soos King Kong)
Wie’s die Koning van die see;
(borrel, borrel, borrel / sit hande by skouers en beweeg op)
Wie’s die Koning van die groot heelal en alles vir ons gee.
Sy naam is J – E – S – U – S, J – E – S – U – S, JESUS!

Hy’s die Koning van die oerwoud;
(hoe-ha, hoe-ha)
Hy’s die Koning van die see;
(borrel, borrel, borrel)
Hy’s die Koning van die groot heelal en alles vir ons gee.
Sy naam is J – E – S – U – S, J – E – S – U – S, JESUS!

Die wyse man
Die wyse man bou sy huis op die rots,
die wyse man bou sy huis op die rots,
die wyse man bou sy huis op die rots,
en die reën kom stromend neer.
Die reën die val en die water styg,
die reën die val en die water styg,
die reën die val en de water styg,
maar die huis op die rots staan vas!

Die dwase man bou sy huis op die sand,
die dwase man bou sy huis op die sand,
die dwase man bou sy huis op die sand,
en die reën kom stromend neer.
Die reën die val en die water styg,
die reën die val en die water styg,
die reën die val en de water styg,
en die huis op die sand val neer!

Ek wandel in die lig van God
Ek wandel in die lig van God.
Ek wandel in die lig van God.
Ek wandel in die lig,
ek wandel in die lig,
ek wandel in die lig van God.

Geskenke met Kersfees
Geskenke met Kersfees en almal is bly!
Maar het jy die grootste Geskenk al gekry?
Die Kind, die Verlosser, deur herders geëer,
Voor Hom, met geskenke, buig wyses hul neer.

Liewe Vader, ek sê dankie
Liewe Vader, ek sê dankie vir die wêreld rondom my,
want die hemel en die aarde het ons als van U gekry.

My B Y B E L
My B Y B E L het my van God vertel.
Ek kan dit glo, want die woord sê so.
My B Y B E L.
My God is so groot
My God is so groot – so sterk en so magtig
daar’s niks wat my God nie kan doen.
My God is so groot – so sterk en so magtig
daar’s niks wat my God nie kan doen.
Die berge maak Hy
die riviere daarby
die see en alles daarin.
My God is so groot – so sterk en so magtig
daar’s niks wat my God nie kan doen.

Hy hou die hele wêreld

Hy hou die hele werêld in Sy hand x3
Hy hou ons almal in Sy hand.
Hy hou vir Mamma en Pappa in Sy hand x3
Hy hou ons almal in sy hand.

Saggeus

Saggeus was ‘n klein, klein man
Kort en klein was hy.
Toe maak hy ‘n slim, slim plan
Want Jesus stap verby.
En hy wou ook vir Jesus sien
Toe klim hy in ‘n boom.
Maar Jesus roep: “Saggues Kom!”
Ek wil by jou woon.
Ek wil by jou woon.

Noag se ark

Daar was ‘n perd en ‘n bees en skaap
En ‘n vark en ander diere in Noag se ark.
Die Here het gesê
“ ‘n ark moet jy bou,
Die reen kan maar kom,
Ek sal sorg vir jou.”
Noag was getrou,
‘n ark het hy gebou.

Ho-Ho-Ho-Hosana

Ho-ho-ho-hosanna
Hier kom Jesus aan
Hy kom as ‘n koning
Kom ons loof Sy naam.

Ek is lief vir Jesus

God het my lief x 2
Ek lees dit in die Bybel
God het my lief.

Jesus kan alles doen.

Jesus kan alles doen,
Alles doen, alles doen
Jesus kan alles doen,
Alles doen.
(herhaal lied drie keer)

Vader Abraham

Vader Abraham het baie seuns,
Baie seuns het Vader Abraham.
Ek is een van hul en so ook jy
Kom sing saam en wees bly!
Kyk links!
Kyk regs!
Sit plat

Kumbaja

Kumbaja O heer, kom na my x 3
O He-re bly by my.

Laat jou liggie skyn

Laat jou liggies skyn x 2
En sal my lig laat skyn x 2
Laat dit skyn, laat dit skyn, laat dit skyn.

Weet jy nie, jy’s ‘n tempel

Weet jy nie, weet jy nie,
Jy’s ‘n tempel. X 3
Jy is ‘n tempel van die Heilige gees.

Vol van lof, vol krag,
Vol van vreugde. X 3
Jy is ‘n tempel van die Heilige gees.

Kyk hoe dat die voëltjies vlieg

Kyk hoe dat die voëltjies vlieg.
Sommer so, hoog daarbo.
God laat al die voëljies vlieg.
Hoog daar bo.
Hy doen soveel meer vir my.
Ek sal altyd dankbaar bly
En my nie bekommer nie,
Hy’s by my.

Keer jou tong

Keer jou tong van kwaad-praat,
Keer jou tong.
Keer jou tong van kwaad-praat,
Keer jou tong van jou lippe van stories dra.
Keer joutong van kwaad-praat
Keer jou tong.

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed