Jongste aktiwiteit:

Jan en die Stinkbus
vir

Jan en die Stinkbus

Nou een middag bel Jan my. “ Nee wat, Tjomma, hoe gaan dit?” vra hy. Ek sê goed, en ons gesels oor ditjies en datjies, maar ek weet Jan wil iets deel. Ek ken mos vir Jan, toe vra ek maar.

“Jan, waar was jy laasweek, ek dog jy’s hier, maar toe ek kyk, toe is jy weer voort” sê vra ek.

“Nee Ouboet, ek was mos Bloem toe, bietjie gaan kuier, jy weet mos” antwoord hy, en ek weet ek moenie uitvra oor die kuier nie, Jan sal vertel as hy wil, so ek vra maar oor die reis.

“Nee Ouboet, die busse is nie meer so lekker nie, maar wag, laat ek jou vertel” begin hy. “ Ek kry toe mos sitplek, heel bo, heel voor, heel links, daar waar ek op my eie kan wees. heel aangenaam, wyebeen en gerieflik sit ek daar, maar daar by Jo’burg klim daar toe ‘n vent op wat wragtig hier langs my kom sit” vertel hy.

“Ai toggie” antwoord ek en wag so ‘n enkelmaat vir die vertelling om aan te gaan.

“Jong” sê Jan, “Jy sal my nie glo nie, maar die knaap sit oorfone op, gooi sy sitplek sommer maksimum in “recline” en daar lê hy, wydsbeen met sy skoene uit en nie lank nie of hy begin snork”

“ Waaat” sê ek. “Snork hy hard of hoe?”

“Man, die ou snork sulke ligte varksnorkies soos ‘n jong sog en dan kriewel hy rond, maar dis nie die ergste nie. Ek let toe op dat elke keer as hy so kriewel dan ruik ek ‘n ietsie, en dit was onaangenaam, heel onaangenaam” antwoord Jan, en ek hoor die afkeur in sy stem.

“Maar Jan” sê ek, “Jy weet mos hoe, jy kan mos al lesse aanbied op varsity vlak oor die ding, Purgasie 101 is mos jou spesialiteit” sê vra ek weer, want ek weet mos, ek ken vir Jan.

“Janee” lag hy, en ek sien in my verbeelding hoe daai ogies verkreukel. “Ek wag toe maar tot ons daar naby Kroonstad by die garage stop, want ek was bietjie afgeblaas en het ammo nodig gehad om die geveg te beklink” antwoord Jan, en ek begin lag, want ek ken van Jan en sy wind-storie en elke geleentheid wat as ‘n “geveg” en ‘n oomblik van terregwysing beskou word. “Nee” sê Jan “Die mannetjie kan mos nie sommerso sit en poep nie, ek meen, daai is mos nie ‘n speelding nie”

“Nou wat maak jy toe, Tjom” vra ek.

“Janee, daar by Kroonvaal se garage stop ons toe” vertel hy verder. “ Daar gaan koop ek toe twee lekker garagepies en ‘n coke, en jy weet mos, tjom, niks werk hom so vinnig soos ‘n pie en ‘n coke nie, pie virri smell inni sky en coke virri blast inni air” sê Jan laggend, en ek begin hardop lag, want die gesegdes is al lankal met ons, en ek het ‘n idee wat nou gaan volg.

“Janee” sê Jan “Toe daai bus die eerste draai na die nelweg vat en daai knaap maak weer ‘n ding toe werk my pie en ek trek sommerso skeef, gee bietjie force en laat waai, dis mos ongemaklik!” sê Jan asof hy verontwaardig is. “Toe daai klank tref toe spring die knaap regop, ek dink hy’t gedink sy fênsie oorfone is stukkend, maar toe hy sy oë oopmaak toe tref die reuk. Man, sy hele ou gevreet het groen geword, sy oë het begin traan en hy begin toe sommer nies en hoes tegelyk. Ek dog die man kry ‘n aanval”

Op die stadium wil ek myself skeur. “En toe Jan, het hy opgehou met sy windmakerigheid?” vra ek.

“ Ek weet nie” sê Jan, “Hy’t opgestaan en ek het hom in Bloem eers weer gesien, seker in die toilet gaan wegkruip, maar dit sal hom leer om te speel met ernstige dinge tussen grootmense”

“Jan, eks bly jy’s veilig terug, ons moet ietsie gaan drink” sê ek.

“Janee, ons moet. Tjeers tjom, ek bel jou weer”

“Tjeers Jan, mooiloop” groet ek terug.

 

© Grootvissie

Julie 2017




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed