Jongste aktiwiteit:

Lang Dolf Neetling
vir

Lang Dolf Neetling

N Lekker Jag Storie

Julle weet daar is baie heerlike jagstories wat n mens se winter aande voor n kaggel heerlik aangenaam en warm kan maak. Natuurlik met so n sopie sjerrie of drie dan kan so n storie mos spoed optel.

Die storie wat ek met julle wil deel het ek so om en by 1973 gehoor.

Die storie gaan oor Lang Dolf Neetling van daar onder in die Karoo se wereld. Soos in al die dele van die wereld kry ons mos nou manne met dieselfde name en vanne so op n knop geplaas. Nou om te onderskei van watter Dolf gepraat word kry elke Dolf dan n tweede voornaam. Soos ons storie se Dolf is plaaslik gedoop: Lang Dolf Neetling. Nou kry ons dan in sy kontrei Kort Dolf, Wit Dolf, Swart Dolf [ want hy is maar blasserig], Mieta se Dolf, Kommetjies se Dolf [ dit is sy plaas se naam], Rooi Dolf [ hy het so n vlam bos kasie met n vlam- bos baard wat so raak-raak aan sy borskas] en dan het ons ook vir Ja- Dolf want hy ja op alles maar niks gebeur nie. Soos Lang Dolf se: Ja- Dolf ja en ja en ja op alles maar hy vang niks nie.

Lang Dolf hou van jag,maar in hulle kontrei is net kleinerige bokkies. Julle ken mos die kleintjies. Soos n Duikertjie, en n klipspringertjie, n springbokkie en n rooibokkie [ ook bekend as n weerbokkie ] want om elke boom en draai in die Krugerwildtuin sien jy n rooibokkie, toe begin ons hulle maar weerbokkies doop want almal se altyd : Aaaag weer rooibokkies! Oja , en ook n blesbokkie.

Nou Lang Dolf wil graag n Koedoe skiet en n blouwidebees of twee, maar hy wil nou net in die Bosveld gaan jag. Hy hoor altyd van die bekorende atmosfeer van die Bosveld. Sy hart trek met n punt Bosveld toe.

Lang Dolf het gelukkig n goeie ou vrind, Ben de Koker, wat in die Bosveld boer.

Vroeg op winters oggend val Lang Dolf in die pad. Die Bosveld le nie sommer om die eerste hoek soos Chekkers se advertensie nie. Sy vrou, Sannie se Dolf, het vir hom heerlike frikkadelle, boerewors, gekookte eiers, toebroodjies en n heerlike vles koffie ingepak. Lang Dolf loer so na die lekkernye en dink so by homself: Net die regte versnapperinge vir n honger maag.

Die pad deur die Karoo strek voor hom uit soos n blink swart slang. Jy moet wakker wees dink Lang Dolf. Hierdie pad sal n mens hipnotiseer en kort voor lank val jou oe-e toe en dit is die einde van koedoe skiet.

Uiteindelik sien Lang Dolf die naam bord: Lekker Jag met n prentjie van n koedoe wat so windmakerig deur die lug trek en langs aan n jagter wat op sy een knie afgesak het met sy een elmboog wat op die ander knie druk, geweer teen die skouer gereed om die koedoe te klink. In sy verbeelding sien hy hoe die skoot klap en die koedoe kop eerste grond toe duik en ploeg deur die grond dat die stowwe rond warrel soos n klomp deurmekaar skape.

Lang Dolf en Sy oumaat Ben groet lustig en ruil seen wense uit oor en weer. Daardie aand sit hulle voor die kaggel met rooi -els vuur gestook. Hulle geniet n paar stewige Klippies en heerlike koedoe biltong. Stories van vervloe-e dae vul hulle blydskap en smee hulle vriendskap.

Die volgende oggend na n stewige ontbyt en n paar koppies sterk swart koffie en met Jafta die spoorsnyer val Lang Dolf in die stowwerige pad. Geweer oor die skouer dink hy aan wat Ben vir hom gese het: Lang Dolf wees versigtig ons het weer n paar rondloper leeus in die kontrei. Onthou net, as jy skielik op n leeu afkom moet jy doodstil staan.

Moenie hardloop nie want anders is jy leeu-kos. Stop kyk die leeu in die o-e en doen net wat die leeu doen.

Die winter sonstrale is sag strelend op die lyf. Die reuk van bosveld stuwe op in die neusgate en n ongekende saligheid sak op Lang Dolf neer. Oorweldig deur die Bosveld atmosfeer, die stilte wat tot in n mens se siel indring. Die egte geur van die Mopanie bome, bosveld gras en maroelas sweef soos n bonus op die vroe-e oggend lug wat Lang Dolf se dag volmaak.

Hy en en Jafta kom af op n droe- e revier bedding. Jafta se hulle moet met die bedding oploop want dit maak minder geraas as deur die bome. Die sand is amper wit en sag. Hy trap onbewus diep spore vandag in die droe-e rivier loop van die Bosveld wat later n lekker jag storie sal word en wat Lang Dolf n legende sal maak onder die swart volk. Hulle verel met smaak aan hulle kinders van die leeu-kyk storie in die winter aande om die vuur en natuurlik kry n storie mos maar altyd lyf by met sy loop.

Skielik is daar so n groot rots voor wat sy uitsig bederf. Hy loop so versgtig om die rots en skielik kyk hy binne in daardie geel oe-e en ore wat gespits staan van die sagte geluide op die revier bedding wat die leeu op getel het.

Gelukkig was Lang Dolf onder die wind en so doende kon die leeu hom nie ruik nie.

Lang Dolf versteen. Jafta gryp sy arm en dwing hom om te staan. Dit flits deur Lang Dolf se gedagtes: Staan stil doen wat die leeu doen.

Die leeu kyk na Lang Dolf, Lang Dolf kyk na die leeu. Die leeu gaap en wys sy tande. Lang Dolf gaap. Hy probeer om sy bo-lip op te skuif met sy tong. Die leeu se “ Waaaaugrrrr!” ” Lang Dolf se “ Waaaaugrrrr!”

Die leeu skrop so met sy agter pote dat die sand die lug in vlieg. Lang Dolf skop ook so agterop dat die sand so vlieg.
Die leeu gee twee tree nader. Lang Dolf gee twee tree nader. Die leeus se” Waaaaugrrr!” Lang dolf se “ waaaugrrr!”
Die leeu krap weer so. Lang Dolf krap ook so. Die leeu gee twee tree nader. Lang Dolf gee twee tree nader. Die leeu kyk na Lang Dolf, lang Dolf kyk na die leeu.

Die leeu gee twee tree agteruit, sak so half op sy hurke en poef n groot hoop. Lang Dolf kyk na die leeu en se: Aaaag neeee! Poef jy nou eers!

Soos ek gese het. Hierdie storie en Lang Dolf is n legende in daardie kontrei.

Pieter van der walt 2017 Soli Deo Gloria




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed