Jongste aktiwiteit:

Daantjie skiet spek met ‘n .303-geweer
vir

Daantjie skiet spek met ‘n .303-geweer

Toe Daantjie Doodlieg se gryse ou moeder die môre sê: “Daantjie, as jy nie vandag iets vir die pot skiet nie, is daar nie vanaand kos in hierdie huis nie,” vaar Daantjie die rante in met sy afgeleefde ou .303, met gaatjiesvisier, en sy laaste patroon.

Geluk is aan sy kant. ’n Mooi steenbok spring voor hom uit. Maar op die bok se hakke is ’n “tier” (luiperd). Daantjie moet vinnig besluit. Hy het net een patroon. Skiet hy die bok, sal die tier dit gryp en in ’n boom gaan opvreet. Skiet hy die tier, sal die bok wegkom.

Dis toe dat hy sy blinkskerp Joseph Rodgers-knipmes uit sy sak haal, oopmaak en loodreg met die punt van die .303 se loop opstel. Toe die skoot klap, trek hy die bok en die tier plat. Die Joseph Rodgers se snykant het die patroon met chirugiese presisie in twee gekloof!

Dis nie al nie. As gevolg van die dubbele skok van die gesplyte patroon het die .303 hom so erg geskop dat hy agteroor gesteier en ’n wyfiehaas met tien kleintjies in ’n doringbos doodgeval het.

Die aand was daar kos in die huis. Aan die haaspastei wat sy ou moeder gemaak het, het hulle drie dae lank geëet.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed