Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

argief

Lina Spies

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 1

Anne Frank van Het Achterhuis
(Want in sy diepste grond is die jeug
eensamer as die ouderdom.)

“Die ergste skrik is oor.
Ek het nooit kon droom
dat ek so sterk is nie.

Ek het geword wat ek woú wees
hier in Bergen­Belsen
waar geen ander mense is nie.

Vir jare het ek gewonder:
Wie behalwe ekself sal my…

Jan F.E. Cilliers

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 Hou van

Die Ossewa

Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke, al drukkend hul skowwe —
hul dra dit getroos en tevree.

En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna —
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.

Die middagson brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag;
hul…

NP van Wyk Louw

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 1

My venster is ’n blanke vlak

My venster is ’n blanke vlak
in skaduwee en skemering,
waar ek my nagte waak en wag
op magiese deursuiwering:

dat hierdie siel deursigtig word
in vreemde voorgevoelde lig,
tot kring bo kring opglans en straal
in eindelose vergesig;

dat wat ek nog verlore waan,
o my verlore dae in my,
in hierdie stille skemering
hul vorming en gestalte kry,

tot ek my eensaamheid besit,
volmaak, as kosbare gewin,
van duister wense en van smart
die uiterste deurstraalde sin.

VROEGHERFS

Die jaar word ryp in goue akker blare
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot self die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan
dat die…

Koos du Plessis

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 Hou van

Sprokie vir ‘n stadskind

As die reën van stof en roet verby is
en die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
‘n neonboog verskyn

En kyk maar goed,
want as jy hom vind
vertel ek vir jou ‘n sprokie my kind,
van ‘n skatkis met ou kettings gebind
aan die neonboog se punt

Volg hom…

WEG Louw

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 1

“Naggesprek”:

 

“En toe het ons avontuur begin

met woorde wat ‘n lewe lank sou duur.

Want woorde is die wee na die hart,

waarmee mens tastend – soos ‘n blinde op goed geluk –

na ander mense soek, saam uitgespoel

in een gesamentlike nood; maar meer:

ook na die waarheid en die hart van…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 53 gaste aanlyn

Bydrae Totale