Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

argief

Gedigte

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 2

Afrikaanse gedigte van bekende en befaamde digters (oud & nuut) vir u om te geniet!

Ink se biblioteek is nog in die ontwikkelingsfase, indien u oor enige gedigte van beroemde en befaamde digters (oud en nuut) beskik wat u graag wil deel as toevoeging, kan u dit aanstuur na skryfafrikaans@ink.org.za…

GA Watermeyer

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 1

DRIE GEDIGTE OPGEDRA AAN DIE POLISIE

In nanagdonker, ryp of reën

loop ons die paaie sielsalleen;

in watter weer, in watter wind

is ons nie op ons pos gevind?

KONSTABELS

Ons is die wagters op die muur wat
skans gooi in die krisisuur; die manne
wat gespeen van vrees teen elke
oormag sterk moet wees. Die land se klippe
ken…

CM van den Heever

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 2

Waar Ruwe Rotse
Waar ruwe rotse teen die hemel klim,
waar morerooi se eerste traanglans glim,

waar aasvoëls hoog in sirkelbane sweef,
hul rou gekras in afgronde laat leef;

waar grou-wit kranse na die klowe val,
gekeep-hou tot spelonke bo ‘n dal;

waar oopgeskeurde klippekake wag
met draketande wat daar grynsend lag –

daar knal opeens geweerskoot bo die kruin
en eggo’s antwoord hard met skelbasuin.

Die dassies wip verskrik oor gladde krans,
patryse saai vlerktrillend uit…

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 69 gaste aanlyn

Bydrae Totale