Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

argief

WILMA STOCKENSTRÖM

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 2

Binnehof

Wanneer die kleure kouer word en die skadu’s
so diep dat die wind daarin val,
kom die tyd wat langer is as nooitverby.
Die binnehof van ‘n swetterjoel duiwe
leen hom tot spesmase, asof berge
frons op die horison van my gedagtes.

Die fyn varingswaai skryf teen die muur
elke dag in die skuiwende son
opvolgings van…

SHEILA CUSSONS

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 2

Luike

In elke verstand sy eie blik op God
en elke uitsig so toe soos ‘n luik.
Wanneer laas
het ons deur oop rame gesien
toe die mens, sy wêreld, sy God, één
deursigtigheid was?
Sal ons nog lank moet wag, nog baie lank
voor hierdie aarde nuut oor hierdie aarde bloei
en die toe luike oopspring
soos in…

Johann de Lange

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 2

*Johann debuteer in 1982 en ontvang ook die Ingrid Jonker prys in 1983

Blaarmaan

Hulle het in die luiperdnag ontmoet:
twee beblaarde visioene.
Die gesnaarde omhelsing
het vibreer soos oë vrees,
en ek, getuie van dié donkerspel,
was ‘n oomblik saam alleen gewees.

(Uit: Akwarelle van die dors, 1982)

Olympia

Vir wie se verbeelding lê jy
gerangskik, bevrugbare blom,
wawydwakker soos ’n…

Eugene Terre’Blanche

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 2

Rooigrond tronk

Drie uur smidags, ‘n bietjie voor afhoktyd
staan ons in twee rye, en word soos skape getel
daarna agter traliehek en staaldeur toegesluit
en droom ek alleen tot die môre in my sel

Soos soggens, die middag ook pap
maar dan styf met ‘n lepel vaal geel sop
dit met hom tot ons môre…

Koos Kombuis

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 2

Lisa se klavier

Ek het ‘n vriendin ver by die blou see
Teen die hang van Tafelberg, as die son sak, speel sy die mooiste melodiëe
Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange, verstaan die hart se diepste smart

Koortjie: (x2)
Ja, die hele…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 54 gaste aanlyn

Bydrae Totale