Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

argief

CJ Langenhoven

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 Hou van

ONTEIENING

Dis die derde jaar van droogte en dis vaal in die Karoo;
Uit ‘n wolkelose hemel brand ‘n harde son van bo.

Ek sien blarelose stengels net soos vingers opgesteek
Van bossies stil en hygend wat om uitkoms staan sn smeek
Tot ‘n jammerlose hemel en ‘n son wat skroei van bo.
Is daar…

AD Keet

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 Hou van

Muskiete jag

Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net ‘n bloedkol bly
Hier teen my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry  –
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar…

ID du Plessis

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 Hou van

Rietfontein

By Rietfontein se leidam, as die reier staan en droom,
En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel oor die stroom,
Word op maanverligte nagte nog ‘n sombere tafereel
Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel.

Wit is die water
En blond is die maan,
En bly is die paar
Wat gearmd daar gaan,
Versilwerde bome
Ruis in die…

TOTIUS

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 Hou van

Repos ailleurs (Die rus is elders)

In die eensame veld staan ’n tentjie klein,
en daarnaas in die skeemring skuif die ligtende trein;
ek sien in die tentjie, deur die oop gordyn,
’n tafel met bordjies en glasies fyn,
wat sag in die lig van die kersie skyn,
en ek dag: “Was ek net in…

C. Louis Leipoldt

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 Hou van

Die Slamaierwinkel

In ‘n gat daar onder die sukkeldoring
Het ‘n dwergie-man sy huis.
Die mure daarvan is goudgeel klei,
En die vloer van silwergruis.

En die lampe is klein vuurvliegies,
Wat skitter soos sonneskyn
As die groen van die skemeraande val
En die son se glans verdwyn.

Die stoele is bergkristalle,
Wat onder die liggies blink;
Die tafel ‘n…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 107 gaste aanlyn

Bydrae Totale