Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

argief

Gerda-Marié van Rooyen

Deur Datum gepubliseer: 12 Desember 2019 2

Brons

September 2019 – Verplasings projek

3.Die boksvrou

Vir Yolandi

Bykans almal skop, skiet en steel
Stokkiesdraai slingergooi Suid-Afrika
Niks orde of wet, bloed is wat ons het
Misdaad hoog, damme droog

Maar jy kom verdryf die donker
sonstraal wat in ons choas flonker
Dankseggingfees en skoendoospresente
Jy giet reën ondanks doemresensente

Jou hart vir ander klop warm
Jy gee jou been…

Charles Skeen (Teárlach)

Deur Datum gepubliseer: 10 Desember 2019 1

BRONS KLAS

Augustus 2019 – Wilde wind projek

1.Mistig

pikante, dekadente visgereg
sag soos sy geweef in diep blou see
so laai die miswolke op oor die baai
met dagbreek is sigbaarheid min
stadig blaai sonstrale daardeur
open die baai soos ‘n boek
met bladsye van ragfyn
strale oranje lig
wat woorde
in kleure
verf

©Teárlach

3.dit is gedoen

in die omte van my duin
het…

Driekie Grobler

Deur Datum gepubliseer: 4 Desember 2019 1

Julie 2019 projek – ‘n Reis in tyd

1.Dankbaar oor my lewensreis 

Met ‘n warm koppie boeretroos tussen my koue hande, tuur ek die vlaktes in. My gedagtes loop ver en wyd, verby al die hoë geboue en bome, oor die koppies en bergtoppe. So ver terug dat ek doelbewus spinnerakke…

Morne du Preez

Deur Datum gepubliseer: 4 Desember 2019 1

Brons

Julie 2019 projek – ‘n Reis in Tyd

2.Vuur 

Blitse flits oor die hemelwydte
die donker storm brom en bars
soos ‘n kraak deur die hemelswese
bos in vlam opvonk

so die helder gloei
uit die donker koue
vrees en angs
se gluur gelok

met stok gepik en paai
aan ‘n rooi-groen vlam
die grot en man
tug met vuur.

Morne du Preez

Augustus…

Andries Fourie (Seirdna)

Deur Datum gepubliseer: 4 Desember 2019 1

BRONS

Julie 2019 projek – ‘n Reis in Tyd

1.My huis 

daar’s krake in die koepel
en skemer in skarniere
van geheime deure
in die mure
van my huis

daar’s geluide in die geuwels
en kankers in die kelders
van vergete dieptes
orals elders
in my huis

daar’s skadus in die solder
en husse in die hoeke
van stowwerige stories
in ou boeke
in my huis

maar…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 31 gaste aanlyn

Bydrae Totale