Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

argief

Kat in ʼn sak

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2019 2

Mossieman en Geronkie is Saterdagoggend op pad Virginia dorp toe om bietjie inkopies te doen, toe hulle Mys die muis onder in die kronkelpad sien aankom.

Mys die muis loop elke Saterdag langs die magtige Sandrivier rond, met ʼn groot swart sak oor sy skouer. So nou en dan stop…

Troukoors is nie perde koop nie

Deur Datum gepubliseer: 20 April 2019 3

Mossieman en Geronkie die donkie hou een jaar vakansie by die see, naby Gordonsbaai, sodat hulle in Bikini Beach se koue water kan swem.

“Mossieman,” vra Geronkie skoorsoekerig, “waarom moet ons elke keer Gordonsbaai toe kom vir ons vakansie? Waarom kan ons nie in die pragtige Vrystaat bly nie, daar…

Kees en die Bô-gom-orkes

Deur Datum gepubliseer: 18 April 2019 3

Ek wil nou nie die bobbejaan agter die bult gaan haal nie, maar in die Vrystaat is daar baie ape wat gewoon stout is en in die boere se mielielande baljaar. Dit is nou nie asof die bobbejane se aapstreke krimineel of misdadig van aard is nie – hulle…

Diere maniere

Deur Datum gepubliseer: 17 April 2019 2

“En nou, Geronkie my ou maat, as jy so moedersielalleen hier op die wal van die rivier sit en droom?”

“Ek droom nie, Mossieman, ek dink. Donkies met lang ore soos ek het baie dinge om oor te dink.”

“Vertel my alles, Geronkie,” sug Mossieman simpatiek en maak hom gemaklik tuis…

Bets Koen – Ela

Deur Datum gepubliseer: 11 April 2019 2

Lees meer oor Ela (Bets Koen)

Maart 2019 projek

3.Teedrink by Ouma

“Rita, jy gaan laat wees vir werk, toe, opstaan!”
“Dis my afdag, Ma,” kreun haar slaapstem. Rita kruip dieper onder die duvet in.
“O gaaf, dan kan jy by jou ouma ’n draai gaan maak. Ek moes vir haar medisyne neem,…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 71 gaste aanlyn

Bydrae Totale