Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

argief

Thomas Deacon

Deur Datum gepubliseer: 3 September 2019 1

sy onthou die tye
toe hulle stof uit ouplaas se werf
uitgedans het
hy mettie wyepypbroek
wapper-flapper bokant skurwe
hakskene
sy mettie bontgeblomde punt-
geknoopte doek oppie kop
oujaar gelede se krismispersent
vyftig sent het magoed gemompel
diep innie skuld by’ie joodgoed
gedompel
hier oppie stoep dans haar oë
nou padlaans verby
wag oppie koms vannie man
mettie sekel se groet
dans-dans by krismis en…

Marthe McCloud

Deur Datum gepubliseer: 15 Augustus 2019 3

Wisselbou-boer

Oupa se geliefde groentetuin
het op sy oudag na homself
toe uitgebrei:

Sy groen vingers
(deurtrek van die rumatiek)
het soos misvormde geelwortels
skeef begin gegroei.

Sy ore was vol aartappels
(gehoorstuk ten spyt)
en groot opgeswelde pampoene
het tot by sy knieë gerank.

Hy het dié nuwe groentetuin
gelate aanvaar en sy akker
sorgvuldig begin omdolf
gereed vir ‘n nuwe seisoen.

Weg van…

Carina Stander

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2019 1

NAMIB: TURKSVY

in bonkige ou Brandberg
waar geelmens eens deur sterre vlug,
leun ‘n wakende White Lady
teen ‘n donkergrys rots se rug

jare lank is hier niks meer
as die stil gebaar van haar heupe,
die blinde staar van haar borste,
haar buik ‘n songedroogde turksvy

geen foondraad deur die sterre
geen grothuis en geen boom;
net klipstapels wat…

Tom Dreyer

Deur Datum gepubliseer: 26 Julie 2019 3

Kies lewe

Elke aspek van my lewe
moet ‘n draai maak by die kruis–
daar is die vir wat ek te bang is.
En dan die wat ek liewer wil vergeet…

MAAR,

Dit wat nie aan die kruis gespyker was nie
Wel dit word net te swaar
Dis dit wat my krag en tyd leeg tap.

Selfs my…

Die feetjies se dansparty

Deur Datum gepubliseer: 1 Julie 2019 3

Eendag vlieg daar ʼn klein blou voëltjie met ʼn boodskap in haar bekkie na Virginia in die Vrystaat toe. Die klein blou voëltjie is deur die burgermeester van die buurdorp, Harmonie gestuur om al die feetjies van Virginia uit te nooi na hul groot konsert toe. Die klein blou…

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 153 gaste aanlyn

Bydrae Totale