Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: BERUSTING NA TWYFEL

Deur Margaret Cordier
Datum gepubliseer: 14 Junie 2019 Aantal woorde: 73 20 Kere gelees 1

Om in eenwording en ontwording eie aan jou aard,
nie ná of van die son te draai nie,
sal jy bang in jou sirkelgang
deur dag en nag eweninge,
jou op twyfel verlaat.

Wanneer die son soos ‘n ryp vy keep lê in sy baan,
en met ‘n snypunt aan die ewenaar
rooiwyn skink uit die goue wingerd,
word vuurkaggels die plek waar
jy anker sak en jouself
in sy hawe laat.

MCDb.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 24
Kommentaar telling: 17

Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 2,835 gaste aanlyn

Bydrae Totale