Jongste aktiwiteit:

Berou na die lente.

Hoekom? Niemand weet nie, maar een jaar in die lente, toe al die konings die slagveld betree het om hulle gevegte te veg, was Dawid nie saam nie.

Een aand stap hy verveeld op sy daktuin rond. Hy kyk op omliggende huise neer en gewaar ’n vrou oorkant die straat. Sy bad. Dis ’n pragtige vrou. Hy staar en kry gedagtes.

David vind uit dat sy Uriah (’n kaptein in David se leer) se vrou is. Hy stuur sy boodskappers om haar te loop haal en na hom toe te bring. Sy durf nie die versoek weier nie, want David is die koning. Hy het sowaar gemeenskap met haar en sy durf nie teëpraat nie. Die vrou, Bathsheba, probeer haarself met seep en water reinig.

Nes die duiwel dit wil hê (of was dít die Here?), is sy swanger. Sy laat weet die koning. Soos ’n benoude kat, maak David benoude planne, want almal sal weet dat dit nie Uria se kind is nie. Hy laat vir Uriah haal en gee toestemming dat hy daai aand by sy eie huis mag slaap. Hopelik ook by Bathsheba. Uria is ’n eerbare soldaat, wat nie by sy vrou wil slaap terwyl sy troepe op die slagveld veg nie. Hy slaap voor die koning se huis op die trap.

David sug in sy hande toe hy daarvan hoor. Hy probeer nogmaals om vir Uria in Bathsheba se bed te kry. Die volgende aand maak hy vir Uria smoordronk. Uriah gaan steeds nie huis toe nie.

Dawid moet ’n vars haas uit die hoed pluk om sy sonde te verdoesel. Saam met Uriah stuur hy ’n brief slagveld toe, waarin hy vir Joab opdrag gee dat Uriah in die voorste linie van die hewigste geveg geplaas word. Daar sterf Uria. Na die routyd verby is, laat David vir Bathsheba haal, trou met haar en sy baar ’n seun.

God gryp in en stuur vir Nathan na David toe met ’n storie:
Daar was twee manne in dieselfde stad, een ryk en een arm. Die ryk man het baie vee, maar die arm man net een lammetjie wat vir hom soos ’n kind is. ’n Besoeker daag by die ryk man op, maar hy is te inhalig om een van sy eie lammers te slag. Hy vat die arm man se enigste lam.

David kry die arm man uit sy hart jammer en is briesend. ‘Daai man verdien die dood! Nádat hy die arm man viervoudig terug betaal het vir die onreg!’ skel hy.

Nathan sê: ‘U is die ryk man, my heer. God het U as koning aangestel het en uit Saul se hand gered. Hoekom het U hierdie verraderlike daad teen Hom gepleeg?’
David is verstom. ‘Jy het Uriah se dood bewerkstellig en toe sy vrou gevat. Dis veragting teenoor God en daarom sal boosheid jou huis tref. Die hele Israel sal uitvind wat jy aangevang het.’

David het onmiddellik berou en beken: ‘Dis waar! Ek hét teen die Allerhoogste gesondig!’ Nathan antwoord: ‘God sal jou sonde uitwis, maar julle seun sal sterf.’

Die seuntjie raak siek. David vas en bid en smeek by God, maar op die sewende dag sterf hy. Almal is bang dat hy selfdood sal pleeg. David weet dadelik sy kind is dood. Dan loof en prys hy vir God en vra kos. Die bediendes verstaan nie hoekom hy nou jubel nie. David verduidelik: ‘hy is dood en ek kan niks doen om hom terug te kry nie.’

God se genade het weer oor David gekom. Ware berou, bring vergifnis. God verwerp nooit ’n berouvolle hart nie.




Stories gebeur met my. Rondom my. Naby my. Al wat oor bly is om dit oor te vertel.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed