Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Beroerte

Deur Friekies
Datum gepubliseer: 24 Mei 2019 Aantal woorde: 118 145 Kere gelees 4

Bekruip, betrap
n dief in die nag
terwyl ek nog so lekker lag.
Heeltyd bewus
van n skeelhoofpyn elke dag.

Warm bloedklont
beur met alle mag
stol, sit vas
elke oogbol in sy kas
kyk leeg verby
asof dit lewe wil vermy.

Emosieloos
platgetrek op die kombuisvloer
sukkel ek om my te roer.
Verlam
my broek koud en klam.
O Heer,
wat het met my gebeur?

My binnekant wil,
ek dit gil,
maar my mond bly stil.
Nou te laat vir n bloeddrukpil.

Toe ons dit moes waardeer,
het ons gerook, gedrink
en wat nog meer.
Gelag, gevloek en skoor gesoek.

In n oogwink was dit als verby,
toe die klont sy leplek in my brein kom kry.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 80 gaste aanlyn

Bydrae Totale