Berg
Soos die son oor berge val
Hierdie groot, onbekende mal
Rotsagtige, skaduweebevange berg
Wat soms jou sit en terg
Van naby, van ver bly hy mooi tog
Maar klim, hygend, gedoop in soutwatervog
Raak hierdie berg, monster wat vuur spoeg
En nog hooi op jou oorvol vurk voeg.
Wat te make
Met net te veel sake!
Die vurk raak swaar,
Die hoop en krag op ‘n dieet, te maer
Die berg te steil,
Struikel jy elke myl
Die son sak, donkerte omhels jou
Vrees, woede vou
Om jou soos ‘n kombers swaar
Dan iewers binne jou, dáár
Daar waar alles gebroke is
Waar hierdie berg elke hoop uitwis
Kom die gedagte dat alleen het jy
Van hierdie berg probeer kom vry.
Raak stil, raak stil, dan hoor jy
Hoe ek jou roep na my
Uit na jou steek ek my hande
Ek sal reën stuur na die droeë lande
Van jou siel en hart
Ek sal jou dra oor die doringpad
Want altyd is ek by jou
Maak nie saak wat sou
_________________
Om die lewe te leef, kan ons nie alleen stap nie. Ons kan nie die ‘berg’ alleen klim nie. Ons benodig ons Abba Vader.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig Recayla. Jy het n wonderlike talent vir n 14 jarige dogter. Ek hoop om sommer nog baie van jou werk hier op INK raak te lees. Ek wil die ander lede nooi om ook te kom lees en raad te gee sodat ons jou talent soos n diamant kan slyp