Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Bella is ‘n boklam

Deur Amanda
Datum gepubliseer: 19 Februarie 2020 Aantal woorde: 92 38 Kere gelees 1

Bella is ‘n boklam
kan huppel en kan jive
maar Bella word geroskam
deur Stienie en oom Clive

Bella is lammertjie
so stuitig en so vry
want vir Bella kon jy nooit nie
in die kraal inkry

Bella is ‘n boklam
kan huppel en kan jive
maar Bella word geroskam
deur Stienie en Oom Clive

Vroeg een Vrydagmore
ou Stienie het geslaap
Oom Clive vee oor sy snorre
op die spitbraai draai n skaap

Bella was ‘n boklam
kon huppel en kon jive
maar Bella word geroskam
deur Stienie en Oom Clive




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 43
Kommentaar telling: 25

Ouma van Vier woelwaters. Ma van 5 (2 stief) en vrou van 'n wonderlike Godsman. Woon tans in Alberton. Skryf is my uitlaatklep. My hart bloei ink op papier.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 87 gaste aanlyn

Bydrae Totale