Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Belangrik

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 17 Januarie 2020 Aantal woorde: 68 67 Kere gelees 2

Maslow perimiedes
bou van kos na gees
mense is vasgevang
in eie trapmeul
en met vele ander
mallemeules
omring.

Alles gaan
in volg orde van drang
die maag, skuiling
die liefde, naaste
self
dan wysheid.
met net die eerste twee
alleen gegrond in werklikheid.

Kan dit dalk wees
dat mensekind
met veilige, vol maag
die wete het
Niks is meer belangrik
as die onbelangrike
om vryheid te vind.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 407
Kommentaar telling: 68

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 31 gaste aanlyn

Bydrae Totale